GESANG 077
1. DIE VOLK WAT IN DIE DONKER WANDEL,
OOR HULLE HET ‘N LIG GESKYN:
DIE CHRISTUS, LIG OOR ALLE LANDE,
LAAT ANGS EN DUISTERNIS VERDWYN !
U HET DIE VOLK VERMENIGVULDIG;
HUL VREUGDE HET U GROOT GEMAAK.
SOOS IN DIE OESTYD JUIG HUL VROLIK
WAAR HUL M`T U OORWINNING SMAAK.
2. DIE JUK WAT SWAAR OP ONS GEDRUK HET,
HET U MET WONDERMAG VERBREEK.
DIE VYANDE WAT ONS VERSKRIK HET,
VERDWYN WANNEER U ALMAG SPREEK:
‘N KIND IS VIR U VOLK GEBORE,
‘N SEUN HET U AAN ONS GEGEE –
DIE HEERSKAPPY IS OP SY SKOUER,
MET MAG EN EER IS HY BEKLEE.
3. HY’S WONDERBAAR, ‘N EEWGE VADER;
HY’S RAADSMAN; HY IS STERKE GOD;
EN HY VERMEERDER IN GENADE
SY HEERSKAPPY AS VREDEVORS.
HY KOM MET VREDE SONDER EINDE,
VERSTERK DIT DEUR GEREGTIGHEID –
MET YWER SAL HY DIT BEVESTIG
VAN NOU AF TOT IN EWIGHEID.