GESANG 025
1. WAAR TYE WISSEL, TROUE VADER,
WIL ONS AANBIDDEND VOOR U BUIG;
TOT U, DIE ALBESKIKKER, NADER,
U AL ONS LOF EN DANK BETUIG.
GESLAGTE STERF EN WORD GEBORE
MET JARE WAT HIER KOM EN GAAN
EN MET DIE TYD VERVAAG HUL SPORE –
U TROU ALLEEN BLY EWIG STAAN.
2. VER BO ONS WAARDE OF GEBEDE
SKENK U AAN ONS U GUNS, O HEER;
SELFS WAAR DIE SONDESKULD VERMEERDER,
MAAK U OOK DIE GENADE MEER !
OORVLOEDIG IS U IN U LIEFDE
EN GROOT IS U GEREGTIGHEID;
U VUL ONS DIEPSTE HARTSBEHOEFTE,
EN DRA ONS DEUR DIE AARDSE STRYD.
3. VERBLY OOK HIERDIE JAAR ONS HARTE
AS BLYDSKAP VIR ONS HEILSAAM IS.
BESKIK U VIR ONS KRUIS EN SMARTE,
HEER, HEILIG ONS DEUR DROEFENIS.
LAAT ONS NIE JAAG NA AARDSE SKATTE
WAT MET DIE TYD SO GOU VERGAAN;
STEL SIELERYKDOM ONS VOOR O~
WAT ONVERDERFLIK BLY BESTAAN.
4. ONS MEET DIE TYD AAN ONS STANDAARDE
TOT IN DIE FYNSTE TOE SEKUUR –
LEER ONS BESEF DIE TYD SE WAARDE,
DIE RYKDOM VAN ‘N ENKEL UUR.
LAAT DOEN ONS, HEILAND, GOEIE WERKE,
DIE WERK DEUR GOD VIR ONS BEREI;
DIE WERK VAN DANKBARE VERLOSTES –
DIS WERKE WAT SAL STAANDE BLY !