Die Herder Beskerm Hulle - Charles Spurgeon
Hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle laat skrik nie. (Sefanja 3:13)
Gister het ons gedink aan die beproefde en arme mense wat die Here agtergelaat het as ‘n lewende saad in ‘n wêreld vol dood. Die profeet sê van hierdie mense dat hulle nie ongeregtigheid sal pleeg of leuens sal spreek nie. Hoewel hulle geen aansien of rykdom het om hulle te beskerm nie, is hulle ook nie in staat om daardie wapens te gebruik waarop die goddelose so baie staatmaak nie: hulle kon hulself nie verdedig deur sonde of slinksheid nie.
Wat dan? Sou hulle vernietig word? Glad nie! Hulle sal beide kan wei en rus, en hulle sal nie net vry wees van gevaar nie, maar selfs van die vrees vir kwaad.
Skape is brose wesens, en wolwe is vreesaanjaende vyande; maar op hierdie uur is skape talryker as wolwe, en die saak van die skape is altyd aan die wenkant, terwyl die saak van die wolwe altyd aan die afneem is.
Eendag sal die vlaktes oordek wees met troppe skape, en nie ‘n enkele wolf sal oorbly nie. Die feit is dat skape ‘n Herder het, en dit gee hulle kos, beskerming, en vrede. “Niemand” – wat beteken nie een, of dit nou in menslike of duiwelse vorm is – “sal hulle laat skrik nie.”
Wie kan die rots van die Here verskrik wanneer Hy naby is? Ons lê in groen weivelde, want Jesus self is voedsel en rus vir ons siele.
Charles Spurgeon