EFESIëRS 1 (boodskap 1)

Hier een vd sterkste ankers van geloof vir elke Christen wat weet hy kan sit in hemelse plekke in Christus, in heiligheid stap op aarde en oorwinnend kan stry teen owerhede en bose magte in die lug. Eerste 3 hoofst. leerstellig – laaste 3 prakties.  1,2 ‘EK IN CHRISTUS’ ; 3 ‘CHRISTUS IN MY’ ; 4-6 ‘CHRISTUS DEUR MY’. R Paxon – ‘wealth, walk, warfare … grand canyon’  

Vir armes: ‘die onnaspeurlike rykdomme van Christus’; die swakkes: ‘die onnaspeurlike grootheid van Sy krag vir ons … in ons’: die stryders: ‘die volle wapenrusting van God’, vir elke Christen – ‘vervul tot AL die volheid van God 3:19.

Vraag – HOE kán ons hierdie uiters kosbare en begeerlike rykdomme van God só leer ken en daarvan besit neem dat dit enigeverskil sal maak in ons lewe, diens en getuienis? AS gewillig vir ‘vendusie’ – ‘alles’ te ‘verkoop’ en daardie saailand koop waar God se ‘één pêrel’ verborge’ is?

Om skat te ontdek eers nodig daarvan weet – hoe begeerlik, waardevol, mooi, onmisbaar. Daarvoor is ‘verligte oë van ons verstand (‘heart’ hart) nodig – luister met jou hart wat God sê)…sodat julle kan weet’ (1:18). Dan moet ons die Een – die Heilige Gees – wat God se skatkamers vir ons na Hom toe – die Bron – oopsluit, totale beheer oor te neem – ons leer, in die Koning se paleis inlei tot binne heiligste heiligdom van Sý heerlike en skitterende troonkamer; Sý teenwoordigheid – ‘Jesus SELF …’ Dan alleen Hómself, in wie AL, of die ganse volheid van God woon (Kol.1:19), nie net kan ‘sien soos Hy IS …’ nie, maar Hóm persoonlik en intiem leer ken … vertrou … (Paulus in Fil.3:10, nádat hy Hom 3 keer gesien het (‘O tell me His Name again’).

Enigste Een wat ons meer intiem, eerstehands aan Hom kan voorstel, is die Heilige Gees … die ‘vriend vd Bruidegom’: ‘dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle ‘die Gees van wysheid en openbaring in kennis (‘epignosis’) van Hom mag gee’ (1:17). Menslike wysheid deur leergierigheid; Geestelike openbaring deur gehoorsaam (Joh.7:17). H.G. 5 keer in brief. ‘Bedroef nie …’ (3:30). Moet nooit weer vra God u met Sy Gees sal vervul as nie vrywillig deur Hom beheer en gewillig vir Sy WIL! … vir enige opdrag, plek ens! ‘Vader U wil …!’ Hom bloed laat sweet en lewe gekos! Geesvervul nie doellose luukse, maar doelgerigte deelname!

EK ‘IN CHRISTUS’ – in eerste hoofstuk. (Of in hoofstuk 2 – ‘IN SONDE’ Rom.6:1)

1.  my  posisie ‘IN CHRISTUS’ (1:3; 2:6) “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het … in die hemele…met alle geestelike seëninge … in Christus.” Nie afskeep of krummels … ook nie uit Sy rykdom, maar ná Sy rykdom! “You are coming to a King, large petitions with thee bring; for His power and grace are such, you can never ask too much!”

Die volheid van God (3:19); van Christus (4:13); én van die Heilige Gees (5:18)

“Uit ‘Sý volheid’ hét ons almal ontvang … genade op genade.”  Joh.1:16. Kol.2:10.

Begenadig (‘acceptable’, aanvaarbaar) in die Geliefde … teer saak by God (v.6). 3 keer in Evangelies het Vader uit die hemel gesê, ‘My geliefde Seun’! ‘Huisgenote (familie) van God’ 2:19. Hý nie skaam om hulle broers te noem, maar net wanneer Hy hulle heilig gemaak het (Heb.2).

Geseënd is ʼn wonderlike woord vir elkeen wat bo alles geestelike seëninge, nie net tydelike soek nie! Genoeg vir self én na anderuitdra, ‘seën’ (Waggie). ‘Wel-geluk-salig’ Net hulle wat reeds dit van God se kant ervaar het, kan van harte sê, ‘geseënd is die God …’; hul diepste dankbaarheid teenoor Hom uitspreek. Eintlik is dit net die Heilige Gees IN jou wat so ʼn uitroep kan waag!

My plek in Sy goddelik verenigde liggaam (in liefde met mekaar) – is Hý my Hoof (1:23)                    

My plek in Sy Tempel ‘goed saamgevoeg’ is Hý my Hoeksteen.

My plek in Sy strydende gemeente op aarde – is Hý my Here (3:10) … vd Leërskare … oorlog!

My plek in Sy oorwinnende, aggressiewe weermag, ‘kragtig in die Here’  is Hy my Krag.                      

My plek as deel van Sy vleklose, verheerlikte bruid in die hemel – is Hy my Bruidegom.

‘Julle (hele) lewe is saam met Christus verborge in God’ (Bud Robinson)

2.  my verkiesing ‘IN CHRISTUS’ nie verbind aan noodlot, maar soewereine wil en vooruit bestemde meesterplan/bloudruk van ʼn alwetende, alwyse, almagtige en liefdevolle Skepper – ‘in Hom uitverkies …’ (v.4). Tot saligheid? – net één enkeling – Christus Jesus!  Nooit enige ander enkeling, maar wel groep – ‘ons’- elkeen/almal in Christus!  Sy arms wyd oopgehou aan die kruis! Sy liggaam, gemeente, heilige Tempel, weermag en bruid vorm saam één groep. Lekkerste leuen om vir iemand wat oortuig geword het van die gruwel van sy sonde, wys te maak – ‘té groot sondaar … geen hoop vir jou … jý is nie uitverkies!’ Jy en ek is té kosbaar vir God om aan onsekerheid vd noodlot oor te gee – ‘van voor die grondlegging vd wêreld.’ Daarom gebruik Heilige Gees woorde soos, voorbeskik (5), vantevore verordineer – beteken slegs grense getrek; Sy voorneme – sondeval God nie onkant betrap; Sý bloudruk gereed (v,11); klaar voorberei (2:10)! God se heilige hoofdoel met uitverkiesing (v.4) vir die wat in Christus gered word, is net eenvoudig – om ‘heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.’

– 2 –

3.    my verlossing ‘IN CHRISTUS’ (uit genade v.7; Deur Sý bloed v.7; deur geloof v.13)

(a) Vergifnis van misdade v.7. Skuld hemelhoog – beste nuus, grootste guns van genade wat God vir sondaar kan doen – Petrus by huis van Kornelius. Bewys dat jy dit ontvang het – as jy onmiddellik KAN vergewe! (2 diensknegte – op eerste se rekening, sy skuld weer terug!)

      (b) Verlossing van sonde – losgekoop EN vry gemaak! … deur die bloed!

4.  my erfenis ‘IN CHRISTUS’ (v.11) ‘aanneming tot kinders’ v.5…. deur God in volwasse status geplaas. Óns ontvang Hom … en uit Hóm, Sy grootste Gawe: Die ‘gawe’ van die Heilige Gees (Hand.2:39). Bring lewe – ‘die (wind vd) Gees wat lewend maak’ … én ‘wedergebore deur die onverganklike saad vd Woord’. Dan ‘verseël’ Hý Sy eiendom met H.G.; Gee hulle onderpand, eerste paaiement/waarborg wat volle reg gee op ALLE geestelike … alLE rykdomme van Christus!

As dit werklik so is, dan is die armoede en swakheid van die meeste Christene ʼn absolute skande! So goed jy sit op ʼn goudmyn, maar leef soos ʼn bedelaar! Dan is ons ‘deelgenote van Christus’ – deel Sý onuitspreeklike rykdomme (3:8). Nie aardse miljoenêr maar hemelse KONING! Om te gedra soos ʼn koning met outoriteit, waardigheid, gesag; nie meer soos bedelaar in vodde.

    Rykdom van Sy genade 1:7  (uitnemende rykdom van Sy genade, 2:8)

    Rykdom van die heerlikheid van Sy erfdeel onder die heiliges (1:18,23)

    Rykdom van Sy barmhartigheid  2:4

    Onnaspeurlike rykdom van Christus … verkondig … lig … sodat …. deur gemeente.3:10.

    ‘NA (nie net uit) die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word IN …’  3:16

    Sekerheid van Sy oorwinning – van Sy verheffing (1:20-22); en van Sy triomf 4:8.

As Jesus Christus jou beste Vriend geword het, is H.G. nou jou getrouste, teerste Vriend (4:30).

 Deur Christus word óns met die Gees vervul… ‘My erfenis is vir my mooi …!’ ‘verligte oë van ons verstand (‘heart’ – luister met jou hart)…sodat julle kan weet wat … Dan volg 3 wats (1:18)

1.    WAT DIE HOOP VAN SY ROEPING IS:

Vir die Christen is sy hoop altyd op die verwagting van ʼn onbeskryflike helder, ‘hoopvolle toekoms’. Hy ken, glo en vertrou die ‘God van hoop’ – die Heilige Gees, wat hom kraggeeom altyd daardiedie skaars, maar blymoedige, entoesiastiese, energieke menste wees wat oor elke poel van mismoedigheid spring … onmiddellik uit elke put van depressie opklim. Hy bly altyd positiefen, soos Paulus in die tronk, hoor jy nooit die algemene klaagtone van moegheid, swaarkry of ‘bitter lyding’ nie! Hy verblyhom gedurig in die hoop, want hy het oorvloedig rede om dit te doen. Vir hom is Jesus Christus sy Môrester wat hom sy ‘wedergeboorte geskenk het tot ʼn lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode’(1 Pet.1:3).

Vir die Christen is hoop sy profetieseoogwat verder kyk as hierdie lewe, hoër as hierdie horison, na sy ‘allesoortreffende, ewige gewig van heerlikheid’. Die oogwat, soos Kaleb en Josua, die reuse wel raaksien, maar ‘soos sprinkane!’ HúGod, laat hul uitroep: LAAT ONS OPTREK! Toe ander uitroep: Laat ons terug trek! Die oogwat die skitterende beloning en vreugde wat hom voorgehou word, só duidelik raaksien dat hy, soos Abraham en die Here Jesus, gewillig is om sy kruis te dra en die skande te verag! (Waar hoop sterf of kwyn, gaan daar net mooi NIKS aan nie – vou jy hande en soek en vind jy talle verskonings). Word pateties soos die heiden en die ongeredde, ‘sonder hoop en sonder God in hierdie wêreld’. Paulus sê, ‘as ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense’  (1 Kor.15:19).

Hoop is heerlik genoeg om ons die sonde te laat haat; aantreklik genoeg om jou te speen van die wêreld; kosbaar genoeg om jou te laat soek na die dinge daarbo waar Christus is … sterk genoeg om jou ʼn passie te gee dat Christus jou Erekoning sal wees.

Hoop beskaam nie. “The future is as bringht as God’s promises.” “The future is with the Christian; the glory is before us; the brightest and best is yet to come. His people shall survive all wreck of matter and crash of worlds and flourish in immortal youth!” (O.C.) Só ʼn ‘roeping van die hoop’  ʼn hoë (Fil.3:14), heilige (2 Tim.1:9) en hemelse 3:1? (Pa dank God altyd)

2.    WAT DIE RYKDOM VD HEERLIKHEID VAN SY ERFDEEL … IS.

Hier gaan dit nie om my erfdeel, maar Sý erfdeel! Ons is so selfsugtig in ons denke dat ons net altyd soveel moontlik uit Hóm wil kry! Ons besef nie dat ons ook vir Hom iets kosbaars kan wees nie! “God was not satisfied in possessing suns and stars; He wanted sons and saints!” Christus het vir ons kom sterf – nie omdat Hy ons jammer gekry het nie, maar liefgehad het! Hoe kan ons vir Hóm kosbaar wees? Sy liefde met wederliefde te beantwoord. Deur die geloof Hom behaag. God het behae in gehoorsaamheid meer as in offerande. (1:5b,9)

– 3 –

3.    WAT DIE UITNEMENDE GROOTHEID VAN SY KRAG IS, VIR ONS WAT GLO … 7 mate, deur 5 aoriste: Gewerk het …opgewek het … laat sit het … onderwerp …gegee.

Die verhewenheid – ‘na die werking van die krag van Sý sterkte wat Hy gewerk het in Christus

Die voorsiening – ‘vir óns …’ meervoud – slegs deur kanale van Sy kerk/gemeente.

Die voorwaarde – ‘vir ons … wat (net waag om te) GLO!’

Die veiligheid – krag onder beheer – Sý krag (van liefde, heiligheid …) Buite beheer – gevaarlik!

Die verbintenis – die Heilige Gees verbind/koppel aan Christus self, die Bron.

Die vergelyking – Sy opstandingskrag – nie net dood, graf oorwin, ook vernedering – ‘sit IN …’

Die volheid – SIT … Sabbatsrus; plek v gesag, outoriteit, majesteit (hemele); volheid/Sy liggaam.

“Vader vd heerlikheid … rykdom vd. Heerlikheid” (v.17,18)  Iets van God sigbaar. Kerk maak Hom sigbaar.  Ilustr. Van bote – seilboot deur wind gedryf, nie koershou – roeiboot beter, maar deur eie krag nie ver kom – stoomboot innerlike vuurkrag koers inslaan JG.Govan. (krag VIR my 1:18, nou IN my 3:16). My swakheid omruil vir Sy krag!

EFESIERS 2  (boodskap 2)

Hierdie hoofstuk skets die skerp kontras tussen DOOD in sonde en LEWEND IN CHRISTUS. Somtyds ook vir die ware wedergebore Christen goed ʼn slag terug te kyk na dit waaruit God hom gered het. Dan opnuut met nederige en diep dankbaarheid besef uit watter dieptes van sonde en verlorenheid God hom deur Sy hemelhoë ontferming, genade en krag, uit modderige put opgetrek het!  Skrif skilder voorwaar donker prentjie vd sondaar – nie net van sy verdorwe/verlore toestand voor ʼn heilige God, maar helaas ook van sy tragiese, onomkeerbare bestemming – ‘sonder hoop en sonder God in die wêreld’(2:12) EN ʼn nimmereindigende ewigheid! Sonder hoop en sonder God beteken vir die sondaar iets soos ʼn verdwaalde wat in ʼn pikdonker nag, geen lig of sterre sien nie!

Paulus beskryf in vers 1 die verlore mens se uiterste, hopelose toestand deur die beeld van DOOD! Nie die fisiese dood nie, maar die geestelike as gevolg van die erfenis van SONDE! Die sonde en die dood wat deur een mens in die wêreld ingekom en tot allemense deurgedring het (Rom 5:12). Aan die Christene in Kolosse: “En julle, wat dood was deur die misdade (Adam sʼn én ons eie) en die onbesnedenheid van julle vlees (ons besoedelde en verdorwe menslike natuur), het Hy saam met Hom lewend gemaak” (Kol.2:13).

1.  TEVORE  v.2

a.    ‘Volgens die loop van hierdie wêreld’;  Die ‘wêreld’ skryf hom voor. Dit lok en trek en trek hom nader met die magnetiese krag van die genot van die sonde – al verder weg van sy God af en al nader na die afgrond, die maalkolk van hartstog en plesier. Dit lyk vir hom ‘hemel op aarde’ – en hy luister!  Maar Prediker het hierdie beker tot die laaste druppel geledig en roep uit van ʼn lewe ‘onder die son’: alles tevergeefs!

b.    ‘Volgens die mag van die owerste van die mag van die lug’; Die ‘wêreld’ suig hom in! As die duiwel hom lekker vas het, dryf hy hom saam met die skares al dieper na die gemors van dryfsand en modder, verby die helder ligte, na gebarste reënbakke en nog verder na die varkhokke. (Boot drywe …spoed …tuimel oor afgrond)

c.    ‘Van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk’; Die ‘wêreld’ stoot hom oor die afgrond! Dit is nie vir die diep verlorene wat in vodde rondlê en géén eer, naam of reputasie meer oorhet, ʼn probleem om te erken dat hy ʼn VERLORE siel is, met ʼn verwoeste liggaam en ʼn verkwiste lewe nie, al besef hy nie altyd die volle implikasies daarvan nie. Maar vir die ryk, hoogmoedige, selfversekerde, morele mens wat met skynheilige nederigheid selfs sal ‘erken’ dat hy ‘ook maar’ ʼn sondaar is, is dit bitter moeilik om te verstaan dat – hoewel liggaamlik lewend en gesond – hy NOU voor God geestelik totaal en net so DOOD is as die dief en moordenaar in tronk en net so MELAATS as die verlore dogter in die bordeel! Dat hy NOU reeds tot ewige DOOD veroordeel is – net omdat hy nie indie Seun GLO énHóm GEHOORSAAM nie, rus die TOORN van God nou reeds elke oomblik op hom (Joh.3:18,36)! Deur God se genade/lankmoedigheid Sy toorn nog nie losgebars en Sy is oordeel nog nie voltrek nie!  (Terwyl kerse brand – bied koning amnestie).

Eers gebruik Paulus vir die Christene in Efese die woord ‘tevore’om hulle vroeëre tragiese en hopelose toestand te beskryf. Nou die woord, ‘vroeër’drie keer om dit meer volledig te doen:

– 4 –

2.    VROEëR v.3,11,13:  “onder wie ons ook vroeër gewandel het in  …’

a.    ‘Die begeerlikhede van die vlees …’ geweldige mag van hierdie sondige oorgeërfde natuur wat ons onskuldige, neutrale menslike natuur met sy heiligste natuurlike drange, in die onheiligste begeerlikhede van hartstogen welluslaat ontbrand het!  Wanneer dit verdra en verduur en verder gevoed word, word dit soos ʼn wilde wegholperd wat op loop gaan en alles wat in sy pad verskyn vertrap en verwoes!

b.    ‘Toe ons die wil van die vlees en die sinne gedoen het …’ Dit is ʼn kwade dag wanneer die mens toelaat dat die sonde sy wil om reg te kies en daarvolgens te handel, só kaap en verswak, dat hy geredelik toestem dat sy fisiese liggaam met sy ‘sinne’(sintuie, aptyte, drange), totale beheer oorneem oor sy hele lewe. Hy word ʼn patetiese, magtelose en diep vernederde slaaf van DIE SONDE! Dit voer oor hom heerskappy, nie soos God dit bedoel het, vanuit sy gees tot sy liggaam deur die medium van die siel nie, maar sy sondige, selfsugtige en ‘sinnelike’vlees voer totale heerskappy oor sy ganse wese!

c.    ‘En van nature kinders vd toorn …’ Terwyl die Satan hom steeds wysmaak hy nie nodig het om aan God ondergeskik te wees, dat hy die reg op homself kan behou en nog altyd sy sin in alles kan kry deur te sê: ‘Ék is my eie baas … ék wil …’, reeds ʼn gruwelike rebel teen ʼn heilige God, sy Skepper en Verlosser … ‘van nature kinders van die toorn’

d.    ‘… Net soos ál die ander’ ! ‘Want daar is geen onderskeid nie …’  (Rom.10:12) en ‘almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God’. Net soos al die ander: DOOD in sonde en misdade; kinders van die ongehoorsaamheid en van die toorn!  Geen hoop op enigeander erfenis! (‘Vergader (krap dit bymekaar) toorn …’ .2:5).

e.    ‘Maar God …’  Ryk in barmhartigheid … grote liefde … opgewek; lewend gemaak; laat sit … uit genade gered … goedertierenheid … deur die geloof … maaksel van God (workmanship – splinternuwe kunswerk). Geskape in Christus Jesus tot goeie werke (Jak 2:21)…. nuwe skepping (Jong moeder gryp klein lykie – al is jy dood, het ek jou nóg lief!)

3.    VROEëR – v.11

a.    Heidene: Heidene … vervreemd van die burgerskap van Christus … vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte – sonder hoop en sonder God in hierdie wêreld. Totaal onterf en beroof!  Hierdie dief het nie iets kom steel nie, kom roof – alles!

4.    VROEëR vêr was, MAAR NOU … v.13  Reddingstou … roeispane … ankers!

a.    Maar nou in Christus … het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus … wat Hý is ons vrede; Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het … vyandskap tot niet gemaak het … vrede te maak … albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis … nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het … in Homself – die 2 tot een nuwe mens kon skep … vrede.

b.    Deur Hom … nou toegang … medeburgers vd heiliges en huisgenote van God. Gebou … geanker op Hoeksteen … goed saamgevoeg heilige Tempel … ʼn woning van God. Vroeër slawe nou vry; vroeër uitgeworpenes – nou familie. Vroeër bedelaars – nou toegang.

Die Gemeente … die Liggaam … die Heilige Tempel! Dit is wat GOD van jou dink! Drie beelde wat ons van drie kante kan vergelyk as God se doel en plan met die mens, met Christus Jesus as Hoof van die gemeente en van die liggaam (1:22,23) en as Hoeksteen van Sy Heilige Tempel. In Hoofstuk vyf word hierdie drievoudige beeld verder verbreed, verryk en bekroon deur die beeld van die heilige verbintenis van die Huwelik, tussen die man en sy vrou (5:2,22-30).

 Dit alles het God vir ons gedoen uit louter genade: ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof en dit nie uit julleself nie: DIT is die gawe van God. Nie uit die werke nie …’ DIT (verwys nie na geloof ʼn selektiewe gawe net aan sekere mense nie, maar die DIT …verwys terug na ons redding uit genade. Elke mens het die vermoë tot geloof, maar nie elkeen beoefen dit nie.

Geloof in Hom is iets wat God van die mens vereis, wat Hý nie vir jou sal doen nie. DIT is die gawe van God, moet eintlik net na gered geplaas gewees het) (Metusalag – genadekind).

EFESIERS 3  (nog deel van boodskap 2)

    – 5 –

In hierdie hoofstuk bereik die rykdomme van Christus in en vir Sy kinders, so ʼn hoogtepunt dat Paulus in ekstase uitroep: dit is die ‘onnaspeurlike rykdom van Christus!’ (3:8) … iets wat grens aan die onbeperktheid en onmeetbaarheid van God self! Die rykdom van Sy genade (1:7) word nou hier, die rykdom van Sy heerlikheid (3:16). Hierdie hoofstuk verdeel in drie dele: nou net na 1ste twee:

1.  DIE BLOUDRUK VAN GOD SE MEESTERPLAN:

Die skepping van iets heeltemal nuut – die gemeente, wat die liggaam van Christus is en nou in Christus bestaan uit alle nasies – Jood, Griek én heiden. Dit is die groot, soewereine plan en BLOUDRUK van God waardeur Hy aan owerhede en magte in die hemele Sy menigvuldige wysheid wou bekend maak. Hy neem Sy hemelse toeskouers op ʼn toer deur Sy ganse skepping en wyshulle Sy kosbaarste  kroonjuweel – Sy nuwe skepping in Christuswat ALLE ander geskape dinge oortref! Die heelal verkondig God se almag; maar meesterstuk – die gemeente – verkondig Sy heiligheid. wyshulle die rykdom van Sy heerlikheid, die van sy gemeente (3:16)!

2.  DIE BESKRYWING/ BEPLANNING van die BLOUDRUK …

Vertrou God toe aan niemand anders as Paulus nie; Sy vervolgde, nederige Apostel – ‘Apostel … gevangene van Christus Jesus (3:1 …geringste van al die heiliges (3:8) …gesant in boeie’ (6:20) wat vir God al die eer sal gee. Aan hóm openbaar Hy die inhoud, die instelling, samestelling en omvang van hierdie meesterplan van God! God se meesterplan – Sy nuwe skepping waarmee Hy roem, nie voor skaam is nie; waarmee en waardeur Hy eerste skepping (wat Hom niks gekos het nie – net gepraat!) – die van redding van die mens (wat Hom Sy bloed gekos het) as die kroon van Sy ganse skepping – by verre oortref! Daardeur vernietig hy die smaad en roem van die Satan waarmee hy God tart, dat God se plan met die mens tog deur die sondeval, hopeloos misluk het!

BOODSKAP 3

3.    DIE BEDOELING IS GOD SE VOLHEID (3:14-23).

In Hfst.1 tot 3:13 is dit ‘ek IN Christus’. Maar nou, in 3:14-21 word dit ‘Christus in my’. Paulus het skielik die heerlikheid van en vir die gemeente; die grootheid en omvang en standaard daarvan en ook die ongelooflike rykdom van die skatte wat God daaraan toegesê het, begin raaksien. Hy probeer dit BESKRYF. Maar die volle openbaring daarvan oorweldig hom só, dat hy eers die pen moet neersit, ‘asem skep’ en onmiddellik éérs op sy knieë gaan, om nou hier sy grootste gebed van al sy gebede, te BID!

Op sy knieë, buig hy eers in ʼn gebed van aanbidding! Hy buig voor hierdie God en ‘Vader van onse Here Jesus Christus … hierdie groot en almagtige God … die Vader van die Geliefde (1:6), en die ‘Vader … van  die Seun van sy liefde’ (Kol.1:13). Hy is die ‘God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid’ (1:17), van wie elke geslag in die hemele en op die aarde Sý Naam ontvang … watter Naam? … daardie ‘Naam wat bo elke naam is (Fil.2:9). Paulus is oorweldig deur die krag, heerlikheid, waarde en soetheid van hierdie Naam Christus, en dat elke CHRISTEN na dieselfde familienaam vernoem is, aangesien hulle dit van God ‘ontvang het’!

Maar dan gaan hy oor tot die GROOTSTE, Heilige Gees geїnspireerde gebed van voorbidding wat ooit van Paulus neergeskryf is. Hy BID vir hulle waar hy 3 jr deurgebring het, want nou kan hy hulle nie self bereik om dit vir hulle te preek of te sê nie, en hy weet ook dat daar géén beter of ander manier is, as dit wat God vir hom beskik het – om dit vir hulle te BID en in te BID nie! Wanneer die Heilige Gees die LAS op hom gelê het van die doel en begeerte van God met Sy kinders,  hy dit en skryf dit neer! Dit moes behoue bly en bekend gemaak word aan ELKEEN van God se begunstigde kinders/erfgename/medelede van Sy liggaam, deur al die eeue heen!  

Die vergelyking tussen Paulus se eerste gebed van voorbidding (1:15-23) en die een (3:14-21) is treffend: Dáár bid hy vir openbaring …hier vir verwesenliking. Dáár vir verligting …hier vir in staat stelling.  Dáár vir lig … hier vir lewe.  Daar vir om te weet wie jy is … hier om seker te maak dat jy God se volheid ondervind. Daar, om die krag wat VIR ons beskikbaar is te ken… hier om self daardie krag wat IN ons werk, te ervaar. Daar is dit Christus vir julle…hier, Christus in julle. Daar is dit Christus, die volheid van die kerk …hier, die kerk se volheid in Christus. Die eerste is al ongelooflik wonderlik; die tweede span die kroon!

– 6 –

Sy GEBED bestaan uit vier DATS … Eers bid hy vir versterking met krag in ons innerlike mens en elk van die ander vloei daaruit. Dus is die eerste DAT geweldig belangrik!

1.    DAT … MET KRAG VERSTERK IN DIE INNERLIKE MENS … vloei uit na die 2de.

2.    (SO)DAT CHRISTUS IN JULLE HARTE KAN WOON (en …)

3.    DAT JULLE IN STAAT KAN WEES OM TEN VOLLE … TE BEGRYP …

4.    (SO)DAT JULLE VERVUL KAN WORD TOT AL DIE VOLHEID VAN GOD.

1.    Dat … Hý aan julle mag GEE NA die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk (aoristus tyd) te word deur die Gees na die innerlike mens.

Die hoofgedagte is ‘versterk met krag’ – die algenoegsame, instaatstellende, inherente dinamiese krag wat Jesus aan Sy volgelinge beloof het wanneer die Heilige Gees op hulle sou kom en hulle vervul. Dit is niks anders of minder is nie, as die onuitspreeklike grootheid van Sy opstandingskrag. Sý krag VIR my (1:19), word nou Sý krag IN my … en beste van alles – diep in my innerlike mens! Ook niks anders of minder nie as deur die ‘doping’ met die Heilige Gees en met krag … die vervulling van die Belofte …! (Hand.1:5,8; 2:39; Gal.3:14).

Die diepste dieptes van die ‘innerlike mens’! Dis dáár waar die ‘knoop’ lê, wat net God kan bereik, want die mens se wil is ook daar gesetel! Vrye wil … my wil …! Om dáár reg te kan besluit! Dáár moet hy vir God besluit! Dáár heel laaste oorgee, afteken en vir God plek maak! “Deur die term ‘die innerlike mens’ word bedoel ons hoogste sentrale lewe; die edelste deel van ons wese, die setel van ons intellektuele en geestelike lewe met sy impulse, gevoelens en worstelinge; die verborge mens van die hart, die rasionele morele self – ons hele bewuste persoonlike bestaan – ons ware persoonlikheid.” (O.C.). Hy sê verder: “Vir die Christen is dit sy lewend gemaakte nuwe mens, die sfeer waar die Heilige Gees werk.” God vertrou Sy veiligste, kragtigste en skoonste ‘Kragbron’ toe aan Sy splinternuwe skepping – die nuwe mens en bêre dit nie oppervlakkig – DIEP in innerlike mens! Sonder hierdie doping met krag sou die Christen en Christus se ‘ekklesia’ (uitgeroepenes) geen kans kon staan teen die mag, lis en boosheid vd Satan nie!  

‘Maar God …’ (2:4,13) het van meet af en deur die eeue heen bewys en gedemonstreer, dat deur hierdie krag, Sy kerk elke aanslag van die Bose afslaan, sy hewigste opmars weerstaan en elke keer waar mense God toelaat om Sý krag deur hulle los te laat, bewys het dat Christus altyd triomfeer! Die Bewerker van die krag is immers die Heilige Gees! Die wortels en grondveste van die krag is diep in die innerlike mens en die werktuie van die krag is ons wapens wat nie vleeslik is nie, maar (voldoende) kragtig deur God om skanse en vestings van die Satan omver te werp!

Die wêreld is kraghonger; goddelose mense veg tot die dood toe daarvoor en selfsugtige mense misbruik krag en mag vir eie gewin, buit ander uit. Despote maak mense hulle slawe, maar leiers maak hulle volgelinge!  En die Satan gee/delegeer self, selfs bonatuurlike krag (Gadaréner breek kettings)! Sommige Christene beskou God se krag as ‘iets’ wat hulleself na hartelus kan aan- of afskakel! Besef nie dit is ‘Iemand’ wat in Sý volheid heilig en teer is! Sommige ander manipuleer dit na ‘iets’ … weg van die voorbeeld en gesindheid van Christus; iets wat húlle trotse ego sal pas! Sommige ander gryp na enige en alle soorte krag wat net lyk na bonatuurlike wonders omdat hulle die lis van die Satan nie ken en kan onderskei nie. Dit is uiters gevaarlik!

Alleen die wat swak en diep afhanklik van God is, maak seker dat Christus Self die Bewoner en die Heilige Gees die Bewerker is. Dit is húlle wat BID, ontvang, en Hóm AL die eer gee. Ook seker maak dat hulle nie uitlek nie! Die strome van lewende water vloei spontaan, aanhoudend en onkeerbaar uit hulle binneste na die wêreld daar buite. Hulle bly laag en nederig, en wend dit aan in God se koninkryk, vir die eer van Sy Naam, vir die gemeente; om die Bruid vir die Bruidegom voor te berei! Hulle word elke dag vernuwe en versterk met God se krag. Hulle bly in kontak met die Bron! (Elektriese lokomotief stoot sy Antennas op tot by die kraglyn en hou dit daar)!

2.    Sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is. Om dit in SyNaam, in die geloof te neem!

As die versterking met krag bewerk word deur die Heilige Gees, word dit in gelyke mate verbind met ʼn ewe noodsaaklike inwoning van Christus in ons deur die geloof. Hierdie woon nie van ʼn bywonermaar eienaar wat eerste en volle reg het om homself permanent en ongehinderd in Sý

      – 7 –

woonplek te vestig! Hierdie stap van geloof wat vir Christus met al die vryheid van ʼn Eregas en al die gesag van ʼn Erekoning laat woon, is geweldige krisis in ons geestelike ervaring  wat die finaliteit en dringendheid van die werkwoord ‘woon’ in die aoristus tyd aandui! Die PLEK waar Christus so kan woon, is ‘in julle harte’, ook die diep innerlike van die ware mens wat jy is; daar waar dit skoon, vol lig en rein is, as jy dáár gereinig is deur die bloed van Jesus.

Dit is egter tragies waar dat by sommige Christus wel inwoon, maar dat hulle Hom net as Verlosser ken en nie ook as Opperheer nie; dat sommige ander Hom net as Inwoner ken en nie ook as Vriend nie, of net eer as Besoeker en nie ook as Eregas nie, of net as Kameraad en nie ook as Erekoning nie. Jou opinie en estimasie van Jesus Christus sal bepaal of Hy waarlik op die troon sit, waar Hy volkome tuis kan voel as jou Opperheer en Erekoning! Dáár woon jy dan saam met Hom in volkome harmonie en alhoewel jy nog toegang het tot elke sleutel, besit Hý – die een wat jy bo alles en almal liefhet – altyd die eerste en volste reg van toegang tot elke deur. Jy het die volle beheer van alles en vrye toegang tot elke kamer aan hom oorgegee! Vir Mev. ? en Jesaja was daar ʼn ‘ander koning’ wat eers moes sterf voordat hy sy ‘HERE’ op Sy troon kon sien!

Hierdie brief praat inderdaad van 5 soorte ‘harte’. Elkeen weerspieël iets van ons geestelike karakter – die bewoonde hart (3:17); die singende hart (5:19); opregte hart (6:5); vertroosde hart 6:25) en – hoe tragies vir sulkes – die verharde hart (4:18)! Die KENMERK van die eerste vier is – diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen’ (6:5; Rom.6:17)! Vir hierdie soort mense is Christus Jesus ʼn werklikheid! Vir húlle is God se liefde diep gewortel soos van ʼn boom wat lewe! ʼn Stewige,vaste fondament, diep in gebroke harte gegrond, soos van ʼn Tempel!

3.    “en (dat) julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat …”

 L.W. Om in staat te kan wees (met krag versterk) om die liefde van Christus ten volle te begryp …en te ken wat die kennis oortref, vind nie plaas in isolasie nie, maar net saam met al die heiliges in die somtotaal van elkeen se aanvulling en bydrae. Die rede is omdat liefde in isolasie net met jouself besig bly; ‘self’ troetel, koester en bejammer, maar met alle ware gelowiges is die prioriteit van liefde altyd … ander eerste, self tweede en God bo alles! Die klem val op die voorbeeld van die liefde van Christus vir wie die offers van Sy liefde Hom alles gekos het, sodat óns alles van Hom ontvang wat ons nie verdien het nie. “Our riches at His expense!” Liefde vra en betaal altyd met die duurste en beste. Die prys van ware liefde is elke keer so hoog dat die gewer dit eintlik nie kan bekostig nie. Sy hoogste offers maak bitter seer, maar altyd uiters gelukkig!

Begryp ten volle wat die breedte van daardie liefde is – om Jood en heiden, en almal in te sluit.

Begryp ten volle wat die lengte van daardie liefde is – dit is ewig en onmeetbaar by, en uit God.

Begryp ten volle wat die diepte is – dit daal af tot die diepste behoefte van die vuilste sondaars.

Begryp ten volle wat die hoogte is – dit is onbegryplik en hef ons op tot die hoogste heerlikheid – die van Christus – wat kennis oortref! In dieselfde dimensie van diepte en hoogte, is Christus tot die diepste verneder, daarom verhef Hy ons tot die hoogste heerlikheid van Sy status. By hierdie beskrywing van die breedte, lengte, diepte en hoogte, word die sin nie voltooi en afgesluit nie, asof dit logies opgevolg moet word met ‘en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref’.  

4.    “Sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God!”

Al die volheid – die hele, heerlike, somtotaal van alles wat God is; al die goddelike volkomenheid van die Godheid wat in Christus gesetel en aan ons geopenbaar is (Kol.1:19). “Want in Hom woon al die volheid van God … en julle hét die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag …” (Kol.2:9,10). Dit is die oneindige rykdomme van Christus – van Sy genade, barmhartigheid en heerlikheid – in Christus gegee en deur die Heilige Gees meegedeel.

Maar HOE kan ons dit deelagtig word … in eie ondervinding werking stel in?

Eerste: Dit is God se hoogste doel met ons verkiesing en redding – weet dit!

Twee: Dit word gerugsteun met al die waarborge en beloftes van Sy Nuwe Verbond – glo dit!

Drie: Die onderpant (eerste paaiement/deposito vd Heilige Gees, waarborg van) – waardeer dit!

Vier: Die versekering dat Hy in staat en getrou is om te doen volgens Sy almag, ver bokant alles wat ons kan bid of dink na (nie uit) Sy onnaspeurlike rykdomme – ontvang dit!

Vyf: Vir jóú bedoel, op jou naam gedeponeer en jy weet dit nie! – skrik wakker, gebruik dit!

Ses: ‘na die werking van die krag van Sy sterkte … en volgens die krag wat IN ons werk’! Bewonder en bewaar dit!  Vergelyk 6:10

 – 8 –

Efesiërs 4 & 5 (boodskap 4)

Die eerste drie hoofstukke beskryf God se plan van verlossing met ons in Christus; die laaste drie Sý pad met ons deur die wêreld. Die eerste hoe God ons sien in Christus; die laaste drie hoe mense ons sien op die aarde. Die eerste hoe ons kan deel in Sy rykdom en krag; die laaste hoe ons dit kan laat uitwerk. Die eerste ons wortels van geloof; die laaste ons vrug van die boom! Die eerste die feite wat ons moet weet; die laaste die voorbeeld wat ons moet navolg. Dit is juis hierdie heilige lewenswandel in die praktyk, in Sy krag, waardeur ons bewys dat God nie maar net dieOuteuris van onmenslike verwagtings en bevele, en leë beloftes nie, maar die Ontwerper met ʼn goddelike bloudruk en die Ondernemermet vaste waarborge van Nuwe Verbond, dat dit sal uitwerk!

God se beveleen Sy beloftes loop hand aan hand. Sy geliefdes beskou dit as hulle heilige roeping(4:1: Heb.11:8), eerder as Sy rigiede bevele! Vir húlle is Sy geringste wens en begeerte, hulle goue geleentheid om Sy wil van harte te doen (6:6; Rom.6:17;  3 helde skep met groot lewensgevaar vir Dawid water uit die put van Bethlehem.). As die Skrif van God seroeping praat, is dit ʼn ‘hoë …heerlike … heilige’ roeping. Hier in Efese 4:1 is dit ʼn waardige roeping en waardig beteken die regte of van dieselfde gewig. Dit kan net die skaal vir ons aftrek as Jesus Christus by ons inklim.Net alleen ons lewenswandel weerspieël óf die diepte, egtheid, krag en betroubaarheid van ons karakter en lewenswyse, óf die ‘krake’ daarin!

Paulus sê die Christen moet die waardigheid van sy roeping (4:1) ten toon stel deur sy nougesette wandel (5:15) – soos ʼn ‘boom’ met 7 takke vol vrugte:  tak van eenheid in Christus (4:3-6) en eenheid in verskeidenheid i.p. verdeeldheid (4:7-16). Tak van nuwe lewe van heiligheid i.p.v die ou lewe (4:22-24). Tak van liefde en waarheid i.p.v. bedrog en bitterheid (4:25-5:2). Van lig i.p.v. duisternis (5:3-14). Tak van wysheid i.p.v. dwaling (5:15-18). Tak van lof i.p.v. swaarmoedigheid (5:19,20; Heb.13:15). Tak van onderdanigheid i.p.v. rebelsheid (4:2;25;32: 5:19;21). Dit alles die noodsaaklike, logiese gevolg dat ons Sy maaksel … skepping in Christus Jesus tot goeie werke is … sodat ons dáárin kan wandel (2:10). Maar hoofsaaklik die uitvloeisel van Sý krag (3:16,17)!

1.    TAK VAN WANDEL IN EENHEID I.P.V. VERDEELDHEID (4:3,-6,13,16):  

Eenheid is slegs ‘in Christus’ moontlik – as lede in Sy Liggaam (die gemeente) met Hom as Hoof; as lewende stene in Sy heilige Tempel met Hom as Heiligmaker en Heerser; as deel van Sy een skone Bruid, met Hom as die Bruidegom!

Dis die eenheid van die Gees (4:3): In elke ware wedergebore kind van God woon dieselfde Heilige Gees. ‘Ons is almal van een Gees deurdronge …’ (1 Kor.12:13).

Dis die eenheid in roeping in een liggaam, deur een Gees, tot een salige hoop  (4:4; 5:30):  

Dis eenheid in een Here (Vader, Seun, H.G.), in een geloof (in die Here), een doop (tot ʼn deel van Sy liggaam (1 Kor.12:13): God maak dit nie ingewikkeld nie – stop by EEN!

Dis eenheid in verskeidenheid: Sy gawes aan elk is verskillend, tog aanvullend (v.7-11)

Dis eenheid in diens: Toerus vir dienswerk, opbouing vir die liggaam van Christus (v.12)

Dis eenheid van volwassenheid waar ons saam met ander die Here dien: (v.13-16).

Sý liggaam … Sy Tempel … Sy Bruid IS reeds EEN; word dit nie nog! Is jý deel daarvan?

2.    TAK VAN WANDEL IN NUWE LEWE VAN heiligheid I.P.V. OUE (4:22-24):

Dit omsluit ʼn radikale verandering:  in karakter- wie ons IS; in gedragin wat ons DOEN; in gesprekke wat ons sê! Van ewigheid af het die Vader ʼn bruid vir Sy Seun uitgekies en voorbestem dat ‘sy’ heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde sal wees. Heilig het ʼn dubbele betekenis: (negatief) is dit afgesonder van sonde en vlekkeloos van die wêreld, en (positief) is dit toegewy aan God deur Christus in volkome oorgawe!

Maar ‘heilig’ – al is dit afgesonder en toegewy en oorgegee is leeg en niks as die Heilige Gees nie Sy tempel self kom heilig met Sy volheid, teerheid en teenwoordigheid nie!

Afgesonder van die vorige lewenswandel (4:17,22): Nie meer soos … (4:17) en volgens … (2:2,3) en ook … (2:5) … en soos vroeër … (2:3,11). Duidelike verskil!

Ook afgesonder van ‘die oue mens’ (4:22-32): Hulle moet (bevel) dit wat reeds saam met Christus gekruisig IS (Rom.6:6), nou aflê! Die ‘oue mens met sy werke’ (Kol.3:8). Nooit die nuwe mens oor vodde van oue aantrek, of oue mens eers lap en stop nie! Eers sterf!

Toegewy aan Christus:  Hulle moet hulle met die nuwe mens beklee (aantrek) wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (4:24,32-5:1,2). Kolossense sê met watter doel (3:8,10) … gaan nog verder, en noem ook wat nuwe mens moet aantrek – sy kleredrag (Kol.3:12). ʼn Waardige wandel wat ander mense na Christene laat opsien …

-9-

3.    TAK VAN WANDEL in liefde en waarheid i.p.v. bitterheid en bedrog (4:25-5:2)

Onmiddellik ná hierdie bevel – om navolgers van God te wees en soos Christus te wandel, volg Sy voorbeeld – dit waaraan ‘liefde’ heel eerste dink: ʼn gawe en offer aan God tot ʼn lieflike geur!  Hoe kón die ‘gawe’ van Homself en die ‘offer’ van sy bloed vir God ʼn lieflike geur wees? HOE verstaan ons dat dit die Vader kon behaag het om Hom te verbrysel (Jes.53:10)? Wie kan ooit hierdie misterie verklaar? Maar is dit nie miskien omdat die gesindheid en waarde waarmee Hy Sygrootste (‘Homself’), vrywillige (‘gawe’) heelhartige (‘oorgegee’ sien ook 5:25) gebring het, soos helende balsem op die Vader se gebroke hart was nie?

Die wandel in liefdetot Godkan net slaagas die Bron God se eie liefde en die dryfveer is, omdat dit vir GOD ʼn lieflike geur is! (Rom.12:1,2; Heb.11:5,6). Want ons is ʼn aangename geur van Christus tot eer van God (2 Kor.2:15). Die geur van die salfolie uit Maria se gebreekte fles, het vir Jesus omring en die hele huis gevul!

Die wandel in liefde voor ander kan hulle net sien wanneer ons monde nie met sondaars se sonde saampraat nie (v.3-5) en ons ore nie uitgeleen word aan die ydel slimpraatjies van mense wat die Satan wil gebruik om ons te verlei nie (v,6)!

Die wandel in liefde vir mekaar kan net woon in ʼn REIN hart (1 Pet.1:22) en ʼn Christus bewoonde hart (3:17). Die mens se hart is óf ʼn heilige tempel vir God, óf ʼn rowerspelonk vir die duiwel. Die ‘duif’ van die Heilige Gees van God kan net woon in ʼn rein tempel … nooit in ʼn varkhok! Treffend dat Efesiërs van 5 soorte harte praat … die innerlike mens (Efes.3:16): Die deur Christus bewoonde hart is (3:17); die singende hart (5:19); die opregte hart (6:5); die vertroosde hart (6:22) én ongelukkig ook … die verharde hart (4:18). Dagboek 6 September.

4.    TAK VAN WANDEL IN DIE LIG i.p.v. duisternis (5:3-14):  

Alle geestelike lig kom van God deur Jesus Christus. God is die Bron en Christus die Medium. Hý IS die LIG VAN DIE Wêreld Wie se helder lig skyn in die wêreld en die duisternis verdryf. Hý wat ons verlos het van die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde (Kol.2:13). Ons het ʼn KONING en wat ʼn koning (Jes.6: Heb.1:3; Heb.2:7,9)! As die Heilige Gees ons wakker roep uit selftevrede, eiegeregtige slaap. As ons opstaan, sê Hy: ‘en Christus sal oor jou skyn …’ (v.14)!

5.    TAK WANDEL IN WYSHEID i.p.v. DWALING (5:15-18):

Nie as onwyse nie (‘not as fools’), maar as wyse … In O.T. sou ons Salomo wys noem, maar hy getuig in Prediker dat alles wat hý ten duurste nagejaag, geniet en beproef het onder die son (20 keer) … tevergeefs en ʼn gejaag na wind was. Tog het hy ware wysheid ontdek by 4 klein diertjies. Hulle is uitermate wys, want waar ander spesies uitsterf, het hulle oorleef: Die miere … klipdassies … sprinkane … geitjies! (Spr.24-28). Tog het hy ook één goddelike waarheid raakgesien: die pad van die regverdige is soos die lig van die môreglans wat al helderder word tot die volle middag toe! Die Satan se ‘breë pad’ eindig baie smal en in duisternis! In N.T. wyse manne uit Ooste lees die sterre … wyse man bou huis op rots … wyse 5 maagde het olie …! “Hy wat siele wen is wys …” en (Dan.12:3).

Die Heilige Gees se boodskap hier is dat deur wysheid ons NIE onverstandig is nie, maar verstaan wat (alleen) die wil van God is … Geesvervulling! Proses …. teenw. tyd (v.18).

6.    TAK VAN WANDEL In LOF i.p.v. SWAARMOEDIGHEID (5:19,20; Heb.13:15):  

Die singende hart! Om met die Gees vervul te word, gee ons gesondheid:  ʼn Verligte verstand … ʼn gesonde gees … ʼn stralende gesig en … ʼn singende ! Waar die punte van jou hart uitsteek, wys dit waar jou skat is, jou voorkeure en liefde lê! Wêreld se skatte, eer, plesiere en genietinge só ʼn sterk magnetiese krag dat die mens totaal verlief, verslaaf en verstrik raak en hulle siele daarvoor sal verkoop! Net EEN ander, sterker magneet sal jou verlos – probeer vergeefs losbreek – verlief raak op Christus wat totaal versadig! Soveel so dat jy sal sing! Singende hart borrel oor, vind altyd uiting – badvertensie!

7.    Tak van WANDEL IN onderdanigheid i.p.v. rebelsheid (4:2;25;32: 5:19;21).

       Hier kom die ‘mekaar’in werking! (122 keer in N.T.).  1Thes.3:12; 4:10.

In jou huis … Christelike huwelik uitstaande en heilige prototipe van verhouding van Christus met Sy bruid. En bewaar die een wat God se tipes skend/verander/inmeng!

Man en vrou … ouers en kinders … meesters en slawe.  Eendragtig – ‘homothumadon’

   -10 – 

EFESIERS 6

OORLOGSTAAL vir elke soldaat wat betrokke is by die Koning se ryk … ‘Eindelik …!’

Aantree met vertroue – waar … wanneer … waarom … wie? (Reddingstou, roeispane, anker …)

Aandag aan jou vyand – wie? … was hy… sy doel? Jes.14:12; Eseg.28:14; 28:11-19.

Aantrek om te ‘staan’, volle wapenrusting (7) van GOD. In arena ‘geen genade gevra of gegee’

Aanval om te wen – 3 besondere wapens.   

Aanhou tot die einde … kroon, heerlikheid!

1.  AANTREE MET VERTROUE:

Wanneer? aanvaar God se vergifnis (bely), verlossing (bloed), versoening (kruis)

Waar?  By die voet van die kruis … voet vd berg (Ps.24)

Waarom? Stryd reeds begin (ontblote swaard van Leërowerste)  … niemand neutraal – net een van  

                 2 kante – vir of teen … Stryd nie vir neutrales, draadsitters of ‘sissies’.

Wie?     Broeders … al die heiliges (v.18) Vgl. ‘heiliges’ in Openbaring elke keer oorwin …

Vrywilligers – ‘weermag’ besit jou as hekke agter jou sluit! Jy hét aangesluit!

Vrygemaaktes – losgekoop en vrygemaak! Kandidaat vir God se heerlikheid!

2.  AANDAG AAN JOU VYAND

Bestudeer jou vyand … sy metodes … gevaarlikste as aantrek soos ʼn engel … liste, vurige pyle.

Wie was hy en waar kom hy vandaan? Eseg.28:11-19; Jes.14:12. Owerste, sterk man …

        … Sy mag  … skrik – brullende leeu, moenie hom onderskat of oorskat nie!      

        … maar … moenie met hom behep wees i.p.v. met Christus nie!

Behandel met gesag  … moenie laster nie (Judas v.9), maar weerstaan hom en hy sal wegvlug

En ontsag     … maar onderwerp jou eers aan God en betree jou troonposisie in Hom

3.  AANTREK OM TE STAAN … STAANDE BLY:  (worstelstyd – hand tot hand stoeigeveg)

Beklee jou met Christus: jou posisie in Christus;  plek in Sy weermag (Paulus – 4 plekke)

Bemagtig jou met Sy krag. Kragtig IN die Here en krag van Sý sterkte (Gideon)

Beproef God se wapentuig (7):  ‘Die Gees van die Here het Hom met Gideon beklee.’

Helm v verlossing – ‘reken’ (nie verbeel maar op feite) jy IS verlos! Maar pasop vir ‘kopskote’ … gedagtewêreld; sy vurige pyle ‘het God gesê? Blus met die skild van geloof!   

Borsplaat van geregtigheid. Waarheid in binneste Ps.51. (Heb.1:9 – vreugde olie?)

Lendegord van waarheid; eerlik, opreg, deurskynend (Fil.1:19 heilikrinis)  

Skild van geloof – Ek GLO GOD! Onaantasbaar: AL die vurige pyle uitblus – veilig!

Weerstaan (hou vesting)  staande bly (2 keer). Onoorwinlik:  Volbring – wenners!

4.  Aanval OM TE WEN:

3 wapens vir STAAN … alles volbring … STAANDE BLY én vir aanval!

Wapen met die swaard van die Gees … Woord van God. Laat die woord ryklik in julle woon!

Wakker met skoene van bereidheid vir die Evangelie – Binne die woord is die evangelie. Al is die tema van die hoofstuk: Staan vas … bly staan … behou vesting … ook noodsaaklik – Dra dit uit! (‘As die pad rof is gee Vader vir my sterk skoene’- Corrie ten Boom)

Waaksaam op slagveld van gebed. Waar werklike veldslag plaasvind en uitslag virseker en gewaarborg is – 4 keer alle of elke in v.18. (‘My ouers bid al 19 jr vir my dat God iemand oor my pad sal stuur’). Vyand vrees en raadop met heilige wat bid. Swakste kind van God op sy knieë kniel daar om te oorwin en laat die Satan sidder! (‘Bloody Mary’ en John Knox … Heb.11:35 Dawid se drie helde wat deurkruip en water skep uit put van Bethlehem)

Paulus gesant (ambassadeur) met gesag, eer, waardigheid, soos Paulus al is hy in kettings!  Let op hóé hy sê, húlle moet vir ander bid …en vir al die heiliges (v.18). Vir homself vra hy nie dat hulle sal bid om hom los te laat, eie gerief of belang, maar vir alle vrymoedigheid (v.19) – Vrymoedigheid 5 keer in Hebreërs. Vgl. Hand. 4:29,31. Met smeking en volharding – ‘deur bid’!

5.  AANHOU TOT DIE EINDE:

Wenner in die wedloop … worstelstryd … stryd van geloof – meer as oorwinnaars in die oorlog.

“My kind … jý het nog nie aangekom nie …!” Voleinder (‘hou net aan … moenie nou omdraai nie’)… staande bly … nadat alles volbring het … staan dan vas … (‘Kaptein, ons het daardie vesting ingeneem!’).  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00