MOEDER – U HET LELIKE ARMS

‘n  Klein dogtertjie kyk op na haar ma en se:  “Moeder,  u het sulke mooi oe en jou hare lyk lieflik maar waarom is jou arms so lelik?” Sy kyk na haar geliefde dogtertjie en se:  “Toe jy nog baie klein was, het ek jou een aand in jou bedjie warm toegedraai, ‘n sagte soentjie gegee  en vir ‘n kort rukkie buite gaan stap om vars asem te skep, toe ek  skielik sien die huis is in vlamme. Ek het teruggehardloop en jou uit die bedjie gered terwyl my arms erg verbrand en ek vir maande in erge pyn was” Die klein dogtertjie het met trane oor haar wange en ‘n knop in haar keel vir haar moeder gese: “Mamma, jy het die mooiste gesig en lieflikste hare maar weet ma wat, jou arms is die mooiste van alles.”

OPENBARING 5:  6. “Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge,  ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oe gehad. Die sewe oe is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.”

JESAJA 53: 2. Die dienaar was soos ‘n loot wat voor die Here uitspruit, soos ‘n plant wat wortel skiet in droee grond. Hy het nie die skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
(Bits & Pieces, November 1989, bl. 6)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00