Nuwejaar Verwondering
2016, in ń jaar het daar baie gebeur
Nie te lank dan staan ons voor ń nuwejaar se deur.
Daar was oomblikke van vreugde, en ander bitter seer
Dit is ons lewens paaie, on-voorspelbaar nes die weer…
Tog is daar Een wat elke hoek en draai ken
Sy naam is Emmánuel, hier om siele te wen!
Moet dit nie mis kyk, vat Hom op Sy Woord
Hy breek nie Sy beloftes en koester die wat aan Hom hoort…
Maak klaar met die sonde, jaag na God se Seun
Hy verlang na ń verhouding, dat jy op Hom steun!
Mag hierdie nuwejaar in jou lewe net oor Hom gaan
Sodat ander dit sien en in verwondering staan!
SPREUKE 3:5-7
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here , en wyk af van die kwaad