Pelgrim
Ek is ń pelgrim nog nie by my ewige huis
Hier op aarde besig met my Vader se reis
My lewe en regte afgeteken vir Sy naams ontwil
Wat ń vreugde om te weet my sonde rekening staan op nul
Ek versprei Sy woorde, dit is my water en brood
Nog altyd was Hy daar in die dag van nood
Op my reis wen ek sielle alleenlik vir Hom
Ja, Jesus Christus roep jou met die woorde; “Dit is nie te laat, draai om”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00