DIE HEELAL IS DEUR GOD SE WOORD GESKEP

‘n  bekende Suid Afrikaanse sendeling en evangelis  broer Roy Daniel skryf die volgende: “God het die heelal  met woorde geskep en tog maak ons staat op ons eie gevoelens, wat  niks MEER geloofwaardig is as wat ons in Sy Woord glo nie.

 

”Al die volkere sal deur God Almagtig geoordeel word en tog vrees ons die mens MEER as God! God het ons geskape om vir ewig voort te lewe in die hemel of die hel en tog lewe ons vandag asof die ewigheid NOOIT sal kom nie.

 

 DAAGLIKS beland mense in die hel en steeds praat ons meer met mans oor sokker as oor Jesus Christus. Ware rykdom word in die hemel  gevind maar ons lewens is gevul met aardse drome terwyl ‘ ‘n paar mense met uitsondering tyd spandeer om traktaatjies op te stel of besig is met ‘n projek oor God se Woord.

 

Ons kinders het Jesus nodig maar gee hulle geskenke in plaas van daaglikse Bybelstorie opleiding en liefdevolle dissipline sodat hulle ‘n vol lewe in Jesus Christus kan lei.

 

Ons is deur God geskape EN ons is deur Hom gekoop.  Ons behoort inderwaarheid TWEE keer aan Hom en tog lewe ons deur die week, met die uitsondering van sondae, asof ons ons eie lewe besit.

 

POLITIEK is vir ons MEER belankrik op aarde as ons toekoms in die hemel!  Wanneer gaan die mens wakkerskrik en Jesus Christus begin soek waarvan die Bybel ons leer.

 

ROY DANIEL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00