WANNEER MENSE VAS.

SKRIFLESING: Nehemia 1:1-2:5; 8:19-9:3

 

TEKS: NEHEMIA 1: 4

 

  En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel.

 

Daar is baie opregte vrae wat mense vra oor vas wat ons nie kan ignoreer nie.

 

Daar is egter ook onnodige vrae van ongelowige en onheilige mense wat twyfel skep en mense beroof van die seen wanneer mense vas.

 

Daar is vandag nog mense wat vas verstaan en vir die regte redes vas, en geweldige seen ontvang van die Here.

 

Daar is die wat dit nie verstaan en nog nooit gevas het en sit met vrae oor hoe, waarvan en waarom vas mense? Daarom hierdie boodskap oor vas.

 

Moet ons nie dalk meer aandag gee aan vas?

Moet ons dit nie meer ernstig opneem as ons vas?

Mis ons nie dalk die besondere ingryping van God omdat ons nie gereeld vas?

 

Dit is so dat daar sekere groepe mense is wat vir die verkeerde redes vas. Lees Jesaja 58:1-5. Nou gooi mense “die baba met dit badwater uit.”

 

Dit het veroorsaak dat die Kerk van Jesus Christus nie meer vas nie, terwyl die vroee Kerk elke Woensdag en Vrydag afgesonder het om te vas. Die Fariseers het Maandae en Donderdae gevas.

 

Die huidige Joodse kalender het 22 vasdae in die jaar en die dag van versoening. Ons se nie deur dit dat dit die regte vas is nie, maar wel dat mense vas ernstig opneem.

 

Die volk Israel het vier vasdae in die 70 jaar gehou toe hulle in ballingskap in Babilon was om vier hartseer dae te onthou wat gebeur het met hul wegvoering.

 

Die vierde maand toe Nebukadnesar Jerusalem ingeneem het in Jeremia 39:2 en in die elfde jaar van Sedekia, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek –

Die vyfde maand toe die Tempel verbrand is in Jeremia 52

Die sewende maand toe Gedalja vermoor is in Jeremia 41:1,2 MAAR in die sewende maand het Ismael, die seun van Nethanja, die seun van Elisama, uit die koninklike geslag uit die owerstes van die koning, en tien man saammet hom by Gedalja, die seun van Ahikam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geeet, in Mispa. Toe het Ismael, die seun van Nethanja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, met die sward verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.

Die tiende maand toe Nebukadnesar die stad beleer het in Jeremia 39:1 in die negende jaar van Sedekia, die koning van Judea, in die tiende maand, het Nebukadresar, die koning van Babel, met sy hele leerna Jerusalem gekom en hulle het dit beleer.

 

Die eerste plek waar ons die woord vas vind in die Bybel is in die boek Rigters. Let op die emosionele rondom die gebeure. Hulle harte is geraak.

 

Rigters 20:26) Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.

 

Ons vind hierdie selfde innerlike werk in die hart van Nehemia.

 

Nehemia 1:3,4  En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand. :4 En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel.

 

Ons kan nie vas as ons nie die nood erken en ervaar in ons harte.

 

Vas is nie iets wat so terloops gedoen word saam met n groep mense, of alleen.

 

Dit is n saak van die hart. Daar is verootmoediging en benoudheid.

 

Psalm 35:13,14  En ek—toe hulle siek was, het ek ‘n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. :14 Ek het rondgegaan asof dit ‘n vriend, asof dit ‘n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

 

Baie menses al nou beswaar he, en se dit is Ou Testamenties en wetties.

 

Dit was nie net in die Ou Testament dat mense gevas het nie. Ons lees telkens in die Nuwe Testamente bewyse.

 

Jesus het as mens self gevas en verwys na vas.

Die 40 dae in die woestyn in Mattheus 4

Hy waarsku teen verkeerde vas in Mattheus 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg.

 

Moenie soos die geveinsdes vas nie.

 

Hy se hulle sal vas as Hy weg is in Markus 2:20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, end an sal hulle vas, in daardie dae.

Hy gee instruksies oor vas in Mattheus 6:17,18 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig. Sodat jy nie die mense laat sien jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien; sal jou in die openbaar vergelde.

 

Moenie met lang gesigte loop en vir almal wys jy vas nie.

 

Hy het gebed en vas gekoppel in Mattheus 17:21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en sy owerpriesters en skrifgeleerders moes ly, en gedood en op die derde dagopgewek word.

 

Jy kan bid sonder vas, maar nie vas sonder gebed.

 

Paulus self was n mens wat gevas het.

 

2 Korinthiers 6:5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly; en 2 Korinthiers 11:27 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid. n gedwonge vas in swaar tye.

 

Mense in die Kerk in Handelinge het gevas.

As hulle ouderlinge kies in Handelinge 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, na gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Cornelius het gevas in Handelinge 10:30 En Cornelius se: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid.

Mense in tye van die Kerkvaders het gevas.

 

Epiphanis die Biskop van Silamis het gese “Wie weet nie dat die kerk die vierde en sesde dag as dag van vas gebruik”

 

Mense het in Herlewingstye gevas.

 

Jonathan Edwards het die dag voor sy bekende preek “Sinners in the hands of an angry God” gevas, en toe breek daar herlewing uit.

 

Die Herlewing in 1857 in North Virginia uitgebreek nadat mense hul etenstye gevas en gebid het. Google “Fulton Street revival 1857”

 

Daar is vandag nog mense wat vas.

 

Wanneer mense vas en ernstig bid gebeur daar vandag nog wonderlike dinge.

 

Ek onthou hoe die Kerkraad in Springs een Woensdag n vasdag uitgeroep het en die aand my gesalf het en die Here vertrou het om my te genees van Spier Attrofie as gevolg van n moontlike Motorneuron siekte. Toe ek dokter toe gaan was die uitslag “die siekte het gestop, daar is net letsels van die siekte”

 

Daar is n tyd vir alles se die Prediker. Daarom is dit waar wat iemand gese het “After the feast you must fast!”

 

Vergelyk Nehemia 8:19 En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot met die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewed ae lank fees gehou en op die agste dag ‘n feestyd volgens verordering.  met Nehemia 9:1-3 En op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hoof. En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hull evaders. En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende ‘n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende ‘n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid.

 

Daar is n tyd vir alles ja. Almal wil saam fees vier, maar min is bereid om saam te vas.

 

En tog is daar soms meer voordele uit die vas as die fees.

 

Wanneer mense vas ervaar hulle Liggaamlike voordele.

 

Daar is genoeg vet reserwes in die meeste mense van ons om sonder kos te bly vir n paar dae.

 

Wanneer mense vas ervaar hulle hulle ook Verstandelike voordele: Verstand raak helder.

Wanneer mense vas en bid ervaar hulle geestelike deurbrake wat andersins nie sou gebeur

 

Praying Hyde was so intens besig om te bid en die Here te soek dat iemand skryf “he would leave his bed unslept in and the food untouched because he was so engrossed in intercession that he forgot to eat and sleep”

 

Dr Martyn Loyd Jones se daar is n duidelike onderskeid tussen vas en discipline. Dissipline is iets wat ons elke dag moet toepas, terwyl vas iets spesiaal is vir die buitengewone omstandighede.

 

Die vraag is: Is jy bereid om saam met die gemeente die komende 21 dae te vas en bid?

 

En as die 21 dae verby is die gewoonte aan te leer om te vas en bid oor sake.

 

Moet dit nie met n halwe hart doen nie.

 

Hier is die riglyne:

 

21 DAE SAAM MET DIE HERE

 

Ek moet vooraf besluit op grond van wat die Here in my hart werk waarvoor ek vas, hoe ek vas en hoe lank.

 

Vra die volgende 3 vrae as jy dit wil doen saam met die gemeente:

 

Waarom doen ek dit,

Waarvoor doen ek dit en

Waarvan vas jy?

 

Dan sluit ek ‘n verbond met die Here oor die 21 dae:

 

Die tydperk – 1 dag elke week 3 weke lank

Die dissipline – om my liggaam te dissiplineer

Die geestelike verbintenis – tyd maksimaal in gebed.

Die stap in geloof – om waaroor ons vas na god te neem.

Die gedeeltelike vas – om sekere kosse, maaltye uit te sny.

Die gesondheid – om dit wat ongesond is uit te sny.

Die nuwe leefstyl – om sekere goed permanent uit te sny.

 

Voorstelle van wat om in die 21 dae  nie te doen nie.

 

Sny een maaltyd per dag uit 21 dae lank en bid spesiaal in die tyd

Sny twee maaltye per dag uit 21 dae en bid 2 keer per dag

Beperk tv  21 dae en bid in daardie tyd

Geen sport  21 dae, en bid

Geen koerant of tydskrif

Beperk sel en internet,  wêreldse musiek

Persoonlik 1 Kor.7:5

Ander – neem self inisiatief (geen koffie, lekkernye….)

 

Voorstelle om sekere dinge in die 21 dae te gaan doen.

 

Elke op my knieë saam ander

Elke dag met een persoon kontak wat nood het

Elke dag saam met en of vir iemand bid

Elke week een gesamentlike biduur ook bywoon

Die komende eredienste almal bywoon

Meer tyd in gebed spandeer

Meer bybel lees in spaartye

 

Waarvoor bid ons as gemeente spesifiek saam hierdie jaar?

 

Openbaring 3:20  kyk, Ek staan by die deur en ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

 

Markus 2:20  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

 

Maak die deure van ons gemeente oop vir die bruidegom om terug te kom:

 

Sodat Jesus sentraal sal staan in ons gemeente –

Sodat ons mekaar sal liefhe soos Jesus vir ons

Sodat ons met die liefde van Jesus sal uitreik na verlore mense

Sodat ons n tuiste sal skep vir mense wat soek na Jesus

Sodat ons in alles sal vra “wat sou Jesus gedoen het”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00