Skiet maar ...

Het jy die volksstorie van José Rivera, die bandiet, gehoor? Hy het ‘n welbekende geword in verskeie dorpe van Texas vir al sy inbrake in banke en besighede. Ten einde die plundering te stop het die inwoners ‘n veldwagter gehuur om dié plunderaar vas te trek wat in Mexiko weggekruip het en om sommer die gesteelde gelde terug te kry. In sy soektog het die veldwagter het by ‘n verwaarloosde en afgesonderde kantien uitgekom. By die toonbank was ‘n jong man besig om ‘n bier te geniet. By een van die tafels, met arms oor sy maag gevou, hoed oor die oë getrek, was ‘n ander gas besig om lekker te snork. Vol bravade het die wagter die man met die bier genader en aan hom gesê dat hy op ‘n misie is om José Rivera vas te trek – dood of lewendig. “Kan jy my dalk help om hom te vind?” het hy gevra. Die jong man het geglimlag en na die snorkende man gewys en gesê: “Daar is José Rivera.” Die veldwagter het homself opgerig en oorgeleun na die slapende bandiet en hom op die skouer geklop. “Is jy José Riviera?” het hy gevra. Die man het net gemompel: “Nee, praak Engels.” Vir die man by die toonbank het hy mooi gevra om hom tog asseblief te help kommunikeer met hierdie man voor hom. Die daaropvolgende gesprek was vermoeiend en langdradig. Die veldwagter praat in Engels en dan moet die man dit in Spaans vertaal. José Rivera reageer in Spaans en dan moes die man weer in Engels aan die veldwagter vertaal. Oplaas het die veldwagter José gewaarsku dat hy twee opsies het: óf hy sê waar die gesteelde goedere is in welke geval hy skotvry daarvan sou afkom – óf hy weier en sou op die plek doodgeskiet word. Die ultinmatum is toe aan José oor vertaal. José het homself regop gestrek en toe aan die jong man gesê: “Sê vir hierdie man om hier uit te gaan, regs te draai en omtrent ‘n myl te stap. Daar sal hy ‘n waterput vind. Naby die put is ‘n baie groot boom. Langs die stam van die boom lê ‘n groot sement blok op die grond. Indien hy daardie blok baie versigtig lig sal hy al die juweliersware en omtrent al die geld vind wat ek gesteel het.” Die man by die toonbank wat die vertaalwerk gedoen het, het na die veldwagter gedraai … sy mond oopgemaak … gesluk … geweifel … en toe gesê: “José Rivera sê … José Rivera sê … ‘gaan voort en skiet!”  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00