Gratis Klank, Video en Teks Preke

MEER AS 15000 GRATIS CHRISTEN MEDIA LEERS


2 Tim 4 : 2 …Preek die Woord


Die preke op hierdie webwerf is Bybels en Interkerklik. Daar is klank , video en teks preke. Ons vertrou God om hierdie site ‘n seen te maak vir talle Afrikaans sprekende mense dwars oor Suid Afrika, Nederland en die res van die wereld. Daar is duisende preke verniet op hierdie erf. Laai hulle asseblief af en maak u hart oop vir God se werking in u lewe. Gebed is ook ‘n baie belangrike deel van hierdie site. Bid asseblief vir die Preke , Getuienisse, Gesange, Gedigte en Literatuur op hierdie web erf. Die impak van Preke op lewens is veskillend. ie rede dat Preke sulke uiteenlopende ruseltate is dat sekere Preke gebasseer is op die suiwere Woord van God en gepaard gaan met Gebed en ‘ n lewe wat God behaag terwyl ander Preke net gebasseer is op mense siening en nooit lewens kan verander nie. Lees Ons Storie Hier


Gehalte Traktaajies, Boeke, Illustrasies en Gesange


Die webblad van ons Gebedsklub fokus hoofsaaklik op kwaliteit Christelike boodskappe sowel as traktaatjies, boeke-illustrasies, gewyde sang, gedigte en vele meer. Hulle voorsien ook kort boodskappe asook getuienisse aan radiostasies in Suid-Afrika. Gratis gekeurde boodskappe is ook beskikbaar van predikers wat in konteks boodskappe bied as hulp met sielewenning. Hulle kostelose boodskappe is van hoë gehalte en fyn gekeur. ‘n Paneel van manne en vroue wat waarlik die Here liefhet en dien, voorsien die blad van nuttige advies en raad van watter verskillende kerke en predikers se boodskappe op die blad gebruik moet word. Jesus is die weg, die Bybel is ons padkaart en geloof is ons oorwinning! Ons glo dat Jesus gesterf het, opgestaan het en dat Hy opgevaar het hemel toe. Ons glo dat die sondaarmens se enigste hoop daarin lê om ‘n ware intieme verhouding met God te hê deur bekering en geloof in Jesus Christus, God die Seun.


Ons Glo in Jesus Christus en Hom gekruisig


Ons glo in Jesus Christus se wederkoms en dat ons as Bruid voorbereid moet wees vir die Bruidegom se koms. Ons moet onsself rein hou en geestelik getrou van hart. Die boodskappe wat op ons blad geplaas word het juis hierdie reinheid en trou ten doel. Jesus moet voortdurend meer word en ons minder. Die Gebedsklub is andersins bekend as PCGOS en bestaan uit ‘n Engelse Christelike Mediablad, ‘n Afrikaanse Christelike Mediablad, ‘n Radio Voorsieningsblad en ‘n blad met getuienisse. Die meeste van die materiaal op hierdie blaaie is gratis, bv. boodskappe wat op die boodskappelys gevind kan word. Boodskappe om na te luister en teksboodskappe is meestal aflaaibaar. Die video-afdeling wat tans op die blad is kan ongelukkig nie afgelaai word nie maar is uiters leersaam om na te kyk en te luister. 


Ons hoop dat u weer die webwerf sal besoek en dat u ander sal vertel van die gratis traktaajies, boeke, digkuns en gesange. 



Lees die Gebedsklub Storie


Inligting oor Site Stigter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00