GEESTELIKE OORLOG NR 4 TEKSPREEK: DS JOHAN BOTHA
TEMA: OORWINNING IS MOONTLIK
SKRIFLESING: EFESIERS 6:10-20
EINDELIK, MY BROEDERS, WORD KRAGTIG IN DIE HERE EN IN DIE KRAG VAN SY
TEKS: EFESIERS 6:10
STERKTE.
ONS VORIGE BOODSKAPPE:
1) HEMEL IN ONS HUIS HIER OP AARDE: EFE 5:17-21
HARMONIE DEUR BLYDSKAP, DANKBAARHEID EN ONDERDANIGHEID.
2) DIE MURE RONDOM ONS GESINNE: NEH 3:1-20
DIE MURE VAN VESTINGS, SKANSE EN TRONKE DEUR ONGEHOORSAAMHEID
WAT AFGEBREEK MOET WORD.
DIE MURE VAN GEBED, REGVERDIGHEID, BYSTAND EN TOEWYDING WAT ONS
GESINNE BESKERM WAT GEBOU MOET WORD.
3) OORWINNING IS MOONTLIK (1) EFES. 6:10-20
OORWINNING OOR DIE VLEES, DIE WERELD EN DIE DUIWEL
DIE GROOTSTE VYAND IS DIE VLEES.
OM DIE WAPENRUSTING AAN TE TREK, HET EK KRAG NODIG SOOS PAULUS DIE
ROMEINSE SOLDAAT IN DIE TRONK SIEN EN AS VOORBEELD GEBRUIK.
HY HET LATER IN SY LEWE HIERDIE VOLLE WAARHEID VAN DIE WAPENRUSTING
RAAKGESIEN TOE HY IN DIE TRONK WAS.
VOOR DIT HET HY NIE DIE VOLLE WAPENRUSTING GEKEN NIE. 10 JAAR VOOR
DIT SKRYF HY AAN DIE BROEDERS IN THESSALONICENSE:
1THESSALONICENSE 5:8
MAAR LAAT ONS WAT VAN DIE DAG IS, NUGTER WEES, MET DIE BORSWAPEN
VAN GELOOF EN LIEFDE AAN, EN AS HELM DIE HOOP OP DIE SALIGHEID.
KOM ONS KYK NA DIE DRIE WOORDE WAT GEBRUIK WORD OM HIERDIE KRAG
TE BESKRYF OM TE KAN OORWIN IN :10
KRAGTIG, KRAG EN STERKTE
LUISTER EN NEEM DIT TER HARTE DAT ENIGE GESIN KAN OORWIN IN N TYD
SOOS HIERDIE AS HULLE DIE INSTRUKSIES VAN DIE VADER LEES, GLO EN
NAKOM.
DIT IS NOODSAAKLIK OM DIE VYAND TE KEN, MAAR OOK KRAG NODIG OM DIE
WAPENS TE HANTEER.
1) “WORD KRAGTIG” OM TE VOLHARD
DIE GRIEKSE WOORD “ENDUNAMO” WAT BESTAAN UIT “EN” WAT BETEKEN
“IN” SAAM MET “DUNAMIS” WAT BETEKEN “ONTPLOFBARE KRAG”
SAAM BETEKEN DIT “INNERLIKE KRAG” DIE GEDAGTE OM KRAG IN N HOUER TE
SIT SOOS DIE ONTPLOFBARE KRAG IN DIE DINAMIET.
WIE IS DIE HOUER? DIE MENS
WIE IS DIE KRAG? GOD SE KRAG
DIE TYD WAARIN DIT GESKRYF IS, IS DAT DIT N BEVEL IS EN NIE N VOORSTEL
WAT PAULUS MAAK NIE.
DIT IS OOK NIE N EENMALIGE GEBEURTENIS NIE, MAAR N VOORTDURENDE
PROSES.
SOOS IEMAND WAT IN DIE GYMNASIUM OEFEN.
EFESIERS 5:18
MOENIE DRONK WORD VAN WYN NIE—DAARIN IS LOSBANDIGHEID; MAAR
WORD MET DIE GEES VERVUL.
HIERDIE KRAG IS VOORTDUREND NODIG OM TEEN DIE VLEES, WERELD EN
DUIWEL TE OORWIN.
ONTHOU, JESUS HET DIE DUIWEL SE KRAG GEKNIP, NIE SY INTILLEGENSIE NIE.
HY WEET HY HET GEEN MAG TEEN DIE KRAG VAN GOD IN N KIND VAN GOD
NIE.
ONS HET HIERDIE KRAG NODIG OM:
a) DIE WAPENRUSTING AAN TE TREK
EFESIERS 6:11
TREK DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD AAN, SODAT JULLE STAANDE KAN
BLY TEEN DIE LISTE VAN DIE DUIWEL.
“TREK AAN” IS DIE WOORD “STENAI” NAAMLIK N MILITERE TERM WAT
BETEKEN “TO MAINTAIN A CRITICAL AND STRATEGIC MILITARY POSITION OVER
A BATTLEFIELD”
b) STAANDE TE BLY TEEN DIE LISTE
EFESIERS 6:11
TREK DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD AAN, SODAT JULLE STAANDE KAN
BLY TEEN DIE LISTE VAN DIE DUIWEL.
DIE SLAGVELD VAN DIE DUIWEL IS DIE MENS SE GEDAGTES.
“LISTE” IS “METHODOS”, META PLUS ODOS, BETEKEN HY KOM MET N PLAN.
SODAT ONS NIE DEUR DIE SATAN BEDRIEG SOU WORD NIE; WANT ONS IS MET
2 KORINTHIERS 2:10,11
SY PLANNE NIE ONBEKEND NIE.
“PLANNE” IS “NOUS” WAT WYS OP DIE GEDAGTES. HY SPEEL MET DIE MENS
“MINDGAMES” HY SOEK N PLEK OM SY GEDAGTES AF TE LAAI.
2 KORINTHIERS 10:5
TERWYL ONS PLANNE VERBREEK EN ELKE SKANS WAT OPGEWERP WORD
TEEN DIE KENNIS VAN GOD, EN ELKE GEDAGTE GEVANGE NEEM TOT DIE
GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS,
OM BEHEER OOR TE GEE AAN DIE HEILIGE GEES SOOS EFESIERS 5:18 ONS LEER.
ONS HET HIERDIE INNERLIKE KRAG VAN GOD NODIG OM ONS GEDAGTES TE
BEWAAR.
HIERDIE WOORD “ENDUNAMO” WAS DEUR DIE GRIEKSE SKRYWERS
GEBRUIK VIR N SPESIALE INDIVIDU WAT DEUR DIE GODE UITGEKIES IS VIR N
BOMENSLIKE TAAK.
SOOS MET HERCULES MET SY BOMENSLIKE DADE EN KRAGTE.
HIERDIE WOORD KIES PAULUS DEUR DIE HEILIGE GEES OM TE SE “WORD
KRAGTIG”
KRAG WAT VAN GEWONE MENSE GEESTELIKE REUSE MAAK.
FILLIPENSE 4:13
EK IS TOT ALLES IN STAAT DEUR CHRISTUS WAT MY KRAG GEE.
WAAR KOM HIERDIE KRAG VANDAAN?
WORD KRAGTIG “IN DIE HERE”
NERENS ANDERS WORD HIERDIE GEVIND IN DIE HELE BYBEL.
DIT IS IN DIE LOKATIEF, DIT IS OPGESLUIT “IN” CHRISTUS
JY VIND DIT NIE IN BOEKE, KURSUSSE OF BERADERS.
DIE GEWELDIGE INSTAATSTELLING AS EK IN CHRISTUS BLY.
LEES EFESIERS 1:3, 4, 7, 11, 13 “IN HOM”
JOHANNES 15 LEER ONS “BLY IN MY”
SOOS OM IN DIE STAD JERUSALEM TE BLY EN DEUR DIE MURE BESKERM TE
WORD.
DAAROM IS DIT MOONTLIK OM TE OORWIN.
2) “IN DIE KRAG” OM TE VOLHARD
DIE WOORD “KRAG” IS “KRATOS” WAT BETEKEN “DEMONSTRATIEWE KRAG”
DIT IS NIE INTELLEKTUELE KRAG OF VERMOEENS NIE.
DIT IS KRAG SE UITWERKING WAT MET DIE OOG GESIEN KAN WORD.
DIT IS NIE HIPOTETIES NIE, DIT IS REGTE EGTE KRAG.
EFESIERS 1:19,20
EN WAT DIE UITNEMENDE GROOTHEID VAN SY KRAG IS VIR ONS WAT GLO,
NA DIE WERKING VAN DIE KRAG VAN SY STERKTE WAT HY GEWERK HET IN
CHRISTUS TOE HY HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET EN HOM LAAT SIT HET
AAN SY REGTERHAND IN DIE HEMELE,
HIERDIE WOORD VIR KRAG IS DIESELFDE AS DIE WOORD IN EFESIERS 6:10
DIE KRAG VAN DIE OPSTANDING WAS SIGBAAR! DAAR HET IETS GEBEUR MET
DIE OPSTANDING.
DIE STEEN IS WEGGEROL, DIE DOEKE IS AF EN DIE GRAF IS LEEG.
DIT IS HIERDIE KRAG WAT SIGBAAR IS IN MENSE SE LEWENS WANNEER
GESINNE HERSTEL WORD, MENSE MEKAAR VERGEWE, MENSE VERLOS WORD
VAN BANDE VAN SONDE, MENSE GENEES WORD INNERLIK EN LIGGAAMLIK.
WAT GEBEUR AS HIERDIE KRAG VAN GOD SIGBAAR WORD IN MENSE SE
LEWENS?
MATTHEUS 28:3,4
EN SY GEDAANTE WAS SOOS WEERLIG EN SY KLEDING WIT SOOS SNEEU. EN
UIT VREES VIR HOM HET DIE WAGTE GEBEWE EN SOOS DOOIES GEWORD.
HOE IS DIT MOONTLIK, DIE REEDS ONTBINDE LYK WORD LEWENDIG!
DINK OOR DIE OPROER WAT DIT VEROORSAAK HET IN JERUSALEM.
DIT IS HIERDIE KRAG WAT GOD DEUR ONS WIL LAAT VLOEI SODAT DIE WERELD
KAN SIEN MENSE LEEF IN OORWINNING.
HULLE LEWE “BO DIE OMSTANDIGHEDE” EN NIE “ONDER OMSTANDIGHEDE”
NIE.
DIT IS WANNEER DIE HEILIGE GEES SE KRAG IN MENSE WERK.
VOORDAT ONS ENIGE WAPENRUSTING KAN AANTREK, HET ONS HIERDIE KRAG
NODIG.
OORWINNING IS MOONTLIK VIR ELKE GESIN.
DIT BRING ONS BY DIE DERDE WOORD:
3) “SY STERKTE” OM TE VOLHARD
DIT IS DIE WOORD “ISCHUOS” WAT VERWYS NA N ONSETTENDE STERK MAN. N
“KRAGMAN” DIE STERKSTE MAN WAT JY KAN KRY.
PAULUS VERWYS HIER NA DIE KRAG VAN GOD.
BESEF ONS DIE KRAG VAN GOD?
EXODUS 15:2
DIE HERE IS MY KRAG EN MY PSALM, EN HY HET MY TOT HEIL GEWORD. HY IS
MY GOD, HOM SAL EK ROEM; DIE GOD VAN MY VADER, HOM SAL EK VERHEF.
PSALM 62:12
EEN DING HET GOD GESPREEK, TWEE IS DIT WAT EK GEHOOR HET: DAT DIE
STERKTE AAN GOD BEHOORT,
JUDAS 1:24,25
AAN HOM NOU WAT MAGTIG IS OM JULLE VAN STRUIKELING TE BEWAAR EN
JULLE SONDER GEBREK VOOR SY HEERLIKHEID TE STEL MET GEJUIG, AAN DIE
ALLEENWYSE GOD, ONS VERLOSSER, KOM TOE HEERLIKHEID EN MAJESTEIT,
KRAG EN MAG, NOU EN TOT IN ALLE EWIGHEID! AMEN.
MARKUS 10:27
MAAR JESUS HET HULLE AANGEKYK EN GEANTWOORD: BY MENSE IS
DIT ONMOONTLIK, MAAR NIE BY GOD NIE; WANT BY GOD IS ALLE DINGE
MOONTLIK.
DAAR IS OORWINNING IN HIERDIE STRYD
EINDELIK, MY BROEDERS, WORD KRAGTIG IN DIE HERE EN IN DIE KRAG VAN SY
STERKTE.
SING SAAM “STRYDGENOTE, SIEN DIE TEKEN, DIT KOM VAN OMHOOG. DAAR
IS OORWINNINGSKRAG BELOWE, HOU DIT IN DIE OOG… HOU DIE FORT , SY
KOMS IS NABY, JESUS SE “HOU AAN” STUUR DIE ANTWOORD “DEUR GENADE
HEER SAL ONS BLY STAAN”
OM NA DIE VOLLEDIGE BOODSKAP TE LUISTER:
DS JOHAN BOTHA PREKE