Efesiers 4:1 & 17 – 32

Tema: O God, kom herstel U beeld in my!!!

Inleiding:“ Father, I so often confess with my mouth that You are my God. I now pray that my actions will confirm that confession, that you will help me to live a holier life and be more and more conformed to your likeness each day. “

In vers 1 vermaan Paulus ons as kinders van die Here om waardig te wandel die roeping waarmee ons geroep is. M.A.W ek as kind van God moet lewe volgens die roeping waarmee ek geroep is.   Wat is daardie roeping? Waartoe word ek as kind van God geroep?

1 Petrus 1:15&16“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,  omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. “

– God sê: “ wees heilig… “ — dis ‘n bevel, dis ‘n opdrag, dis God se standaard vir elkeen van Sy kinders.- Hoe heilig wees — in my “ hele lewenswandel heilig word “- In my gesprekke met my naaste- In my woorde wat ek van my naaste spreek- Manier hoe ek teenoor my naaste handel ( besigheid & wanneer te na gekom is )- Dit wat ek van my naaste in my hart koester- Die manier hoe ek teenoor God optree

Hele lewenswandel heilig WORD – proses – aflê en opneem – verander. Paulus vermaan ons, ons moet waardig hierdie roeping lewe. Lewe soos iemand wat van duisternis na lig oorgegaan het en wat meer en meer verander word soos Jesus in hele lewenswandel.

Illustrasie: Oom Wally

Kern verse: 22 – 24…

3 dinge:- ouemens aflê — dit in my lewe wat God nie behaag nie/grief/nie soos God is nie/hartseer Word vergelyk met baadjie wat uit trek

–      Vernuwe word — 1) ongeredde mens wat nuut gemaak moet word m.a.w weergebore moet word – nuweskepsel 2) Verwys na kind van God wat aanhoudend, geduurend vernuwe moet word, verander moet word na die beeld van Christus.

2 Korinthiers 4:16“ Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. “

–      Beklee met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtiheid en heiligheid — Dit wat God se hart bly maak, dit wat God behaag, dit wat soos God is in karakter moet ek aantrek in die Here Jesus Christus.Soos baadjie aantrek, dit wat soos Jesus is wat nog nie in my lewe sigbaar is nie. Myself beklee met nuwe mens wat na God geskape is.

Kolossense 3:10“en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, “

Genesis 1:26 & 27“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. ”

Hieruit sien ons duidelik dat die mens na die beeld van God geskape is. Nie noodwendig letterlik nie, maar intelektueel en morele natuur, in wese — handel, wandel, optrede, woord, gedagtes — na God geskape. Dis hoe Adam en Eva voor God was, in ware geregtigheid en heiligheid.        

Maar toe kom Genesis 3 — sondevalMens sondig teen God — beeld van God in mens geskend en verwoes.God se beeld nie meer in die mens nie.

As ons deur die Bybel lees ontdek ons die hart van die mens en sy behoefte aan ‘n Voorbeelde:- Kain en Abel- Mense in Noag se tyd — God berou Hy mens gemaak- Sodom en Gemorra- Simson- Saul- Abner en Isboset- Migal wat Dawid verag het toe Hy voor die Here en die ark gedans het- Judas

– Ananias en Saffìra- Simon die towenaar wat geld aangebied het om die Heilige Gees te ontvang

Dit is wie die mens is, dit is die hart van die mens. Dit is wat sonde aan die mens kom doen het, het die beeld van God in ons kom verwoes. Wat so kosbaar is, God wil Sy beeld weer in die mens kom herstel. Hy het Sy Seun Jesus aarde toe gestuur om eenmaal die volmaakte offer te bring sodat Sy beeld weer in my en u herstel kan word. Daarom skryf Paulus dat ons die ouemens / sonde by die kruis moet kom aflê en beklee moet word met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

 M.a.w. God wil my en u soos Homself kom maak, sodat ons in ons handel, wandel, optrede, woord en daad soos Hy sal wees deur Sy Seun Jesus Christus.

    1 Johannes 2:6 “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. “

Illustrasie- Christ comes to Puerto Rico. JESUS, VOLMAAKTE OFFER, STAAN MET OPE ARMS!!!

Paulus gaan dan verder en noem ‘n paar dinge wat afgelê en waarmee beklee moet word.

Vers 25…

Leuen aflê — verwys na alle vorme van oneerlikheid- In my besigheid teenoor my naaste, moet altyd eerlik wees, hul nie in doen nie of voordeel uit hul trek nie, dat ek bevoordeel word en hul word benadeel nie. Paulus skryf, ons is mekaar se lede, ons mekaar help nie kyk wat on suit mekaar kan kry nie. – In my woorde moet ek eerlik wees, altyd die waarheid praat, altyd die ware feite deur gee, nie die waarheid verdraai met my woord speling nie.- Wanneer ek ‘n belofte maak, moet ek dit na kom, my woord moet my woord wees,geen belofte te gering ag om n ate kom nie.

Al hierdie dinge, alle vorme van valsheid, dubbelsinnigheid en leuens moet afgelê, gestop, gestaak word en ek moet my beklee met die waarheid.

Vers 26 & 27…

1) Waaroor mag ek toornig word?2) Wanneer word toorn sonde?

1) Waaroor mag ek toornig word?  NB! Toornig word en droefheid in die hart daaroor gaan hand aan hand.

Markus 3:5“ En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een. “ (Verduidelik)

Iemand het gesê: “ Anger at sin is not evil, but we should feel only pitty to the sinner. “

-Oor sonde

–      Alle oneer wat aan God gedoen word

–      Verkeert wat aan my medemens gedoen word

2) Wanneer word toorn sonde?- Wanneer ek toornig is teenoor die persoon en nie teen die oortreding nie.- Wanneer ek wraak wil neem. Bybel duidelik die wraak kom die Here toe.- Wanneer ek dit in my hart koester, daar oor top en dit oor gaan in bitterheid.- Wanneer dit verder gaan na onvergewensgesindheid, wil die persoon nie vergewe nie, hou dit teen die persoon.- Wanneer die son sak en ek het dit nie met my medemens reg gemaak nie.

Verder skryf Paulus: “ gee aan die Duiwel geen plek nie. “Ek en u die duiwel geen plek gee nie, menende ons moet pasop, waak vir beskuldigings teen jou broer of kwaad pratery van jou broer wat oortree het en sodoende gee aan die duiwel geen plek om toorn, bitterheid, onvergewensgesindheid in ons harte te koester nie.

Iemand het geskrywe:- He who preserve sinfull anger and wrath, let the devil into their hearts. Let your ears be death to whisperers, talebearers and slanderers.

Vers 28…

M.A.W ek moenie my naaste indoen nie, moenie kyk waste voordeel ek uit hulle kan kry nie, maar eerder so werk dat ek hulle kan help.

Vers 29…

– Hier word nie net verwys na vuil, verkeerde taal nie, maar ook na wat ek van my naaste sê.– Die deur laat van 1 verkeerde gedagte van my naaste los besoedeling agter en die uiting van so gedagte verdiep die besoedeling in my siel en besmet en verlei ander.                                  M.A.W my woorde wat ek uiter oor ander mense het ‘n groot invloed op die mense rondom my.– Mense afbreek of opbou of ek kan mense posetief of negatief beinvloed oor ‘n ander persoon.

Illustrasie:“ Wat gaan gebeur as ek ‘n dooie karkas op die grond in die son sit? Dit gaan die lug besoedel, dit gaan die dood en peste versprei. En dis presies wat ons verkeerde woorde aangaande ons naaste doen.”

-Hoe beinvloed my en u woorde die mense rondom ons? Bou dit hul op of breek dit hul af.- ‘n Christen behoort rein te wees in sy woorde, gesprekke net soos sy Meester rein is, Sy God rein is en die plek waarna hy oppad is rein is.

Kolossense 4:6“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord. “

Vers 30…

Wat beteken dit om iemand te bedroef? Hartseer te maak, droewig te maak.

Ek moenie optree teenoor die Heilige Gees op so ‘n manier dat as ek so sou optree teenoor iemand wat my lief het dat dit hom/haar sal seer maak nie.

Wat bedroef die Heilige Gees?

·         Openlike, waglike sonde. Paulus noem hier ‘n paar, leuens, vuil taal, diefstal, toorn wat gekoester word, bitterheid, onvergewensgesindheid. Sonde bedroef die Heilige Gees en sal veroorsaak dat Hy ons verlaat.

·         Ondankbaarheid. Ons voel mos ondankbaarheid meer as iets anders, hoekom sal die Heilige Gees anders voel? Is ek en u nog dankbaar of is ons ondankbaar oor die kruis sê ons nog vir die Here dankie vir die kruis en dankie dat Hy ons gered het van swael brand hel. Ons dankbaar oor hoe God ons uit die nood uit help, sê ons nog vir Hom dankie of vergeet ons? Is ek en u dankbaar oor wat ons het of kla ons oor di twat ons nie het nie. Ondankbaarheid bedroef die Heilige Gees.

·         Verwaarlosing. Baie keer spoor, hits die Heilige Gees ons aan, maak ons wakker in die aande of lê op ons hart om te bid of Hy beweeg ons om ons Bybel te lees of hy beweeg ons tot teerheid, sagtheid en berou.                                                                                       Wat maak ek en u wanneer God ons aanspoor tot hierdie dinge? Gehoorsaam of verwaarloos ons hierdie kosbare, gunstige tye in ons lewens en verloor daarin die heerlike seisoen om meer en meer soos God te word.

Al hierdie dinge bedroef die Heilige Gees dat Hy Sy lig en teenwoordigheid ontrek dan tree hardheid, donkerte en onsensiwiteit in.

Vers 32…

1)Vriendelik wees — geheim van ware vriendelikheid is liefdadigheid of begeerte om ander gelukkig te maak.

2)Vol ontferming — hart wat geneig is na jammerte en medelye en spesifiek geneig  tot vriendelikheid tot die foute van my medemens.

3)Vergeef mekaar…

                  Net soos God my vergewe het op grond van die kruis dood van Jesus net so moet ek my broeder vergewe.                                                                           

Hoe het God my vergewe?- Vrywilliglik — vrylik gedoen, uit Sy eie uit.- Ten volle vergewe — elke, alle oortredinge vergewe- Ruim / Vollop vergewe — Baie vergewe, sondes was ontelbaar

Dit is God se standaard hoe ons mekaar moet vergewe.

Wanneer dit kom by vergifnis, laat elkeen gaan na dink oor sy eie sondes en tekortkominge, laat hy terug kyk oor sy lewe en sien hoe gereeld hy teen God gesondig het en laat hy onthou dat God hom alles vergewe het en dan met dit vars in sy gedagtes na sy broeder gaan wat teen hom oortree het en sê: “ My broer ek vergewe jou, ek doen dit geheel en al. Soos Christus my vergewe het so vergewe ek jou.Ek sal nie weer daarna verwys nie, nie weer dit voor jou hou nie, maar daarvan vergeet. Christus behandel my arme sondaar soos ‘n vriend en ek sal jou ook so handel.

Illustrasie:“ Daar word vertel van ‘n man wat saam met sy vriende op ‘n wandelings pad in Oos Afrika gewandel het. Toe hulle so gestap het, het hulle bewus geword van ‘n liefelike geur wat die lug gevul het. Die man het opgekyk na die bome en na die bosse rondom hom om uit te vind waarvandaan daardie lifelike geur kom. Toe sê sy vriende vir hom dat hy af moet kyk na die klein blou blommetjie wat langs die pad groei. Elke keer wanneer daardie blommetjie onder hulle voete vertrap word, word meer van daardie lifelike geur  vrygestel in die lug. En sy vriende sê toe vir hom: “ Kom ons noem dit die vergifnis blom. “Hierdie blom wag nie totdat ons vra vir vergifnis omdat dit vertrap nie voordat dit die lifelike geur in die lug vrystel nie. Dit gee nie hierdie lieflike geur net in mates af of gee voorwaardes nie. Dit vra nie dat ons eers onverskoning moet vra nie, maar leef volgens sy naam en vergeef vrylik, volheid en ryklik. Wat ‘n voorbeeld is hierdie blom nie vir ons van vergifnis nie? Vergewe mekaar soos God ook in Christus ons vergewe het!

Op grond van dit wat Paulus hier in Efesiers 4 vir ons hier geskryf het, wat is daar in my en u lewe wat God bedroef, waaroor het God met u vanaand gepraat wat moet u kom aflê en onsself mee beklee? Sal ons vanaand vir God kom sê:  O God, kom herstel U beeld in my nie?

Slot:“ Father, I so often confess with my mouth that You are my God. I now pray that my actions will confirm that confession, that you will help me to live a holier life and be more and more conformed to your likeness each day. “

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00