Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

As ons die Here nie waarlik ken nie, is ons sogenoemde Christenskap niks meer as enige van die ander lerings wat mense nastreef nie. Pandita Ramadai, die bekende Christen leier van India, het gesê dat sy van haar kinderjare die Hindu geloof nagestreef het tot en met die tyd wat sy getrou het. Hierdie godsdiens het haar nooit bevredig nie. Toe sy iemand hoor praat het oor Christenskap het sy dadelik herken dat dit was wat sy nodig gehad het. Dit was wat die honger van haar siel sou kon bevredig. Sy besluit toe om die Christene se boodskap aan te neem maar as ‘n godsdiens wat haar Hindu geloof vervang , nie as ‘n lewens ondervinding nie. Dit was liewer ‘n dogma wat sy  sou volg en gehoorsaam. Sy het die vereistes nagekom om deel van ‘n kerk te wees en is toe ook aangeneem. Sy het na Engeland verhuis en het vir agt jaar ‘n kerk daar bygewoon. Sy was deur almal gesien as ‘n opregte Christen wie se lewe ‘n voorbeeld vir ander gestel het. Tog getuig sy dat sy ‘n groot fout begaan het . Haar ondervinding was godsdiens, en nie God nie. Sy getuig dat sy op daardie stadium nog ‘n sondaar was , op pad hel toe. Die diens van godsdiens was ‘n kern van haar lewe maar die God van godsdiens was ‘n vreemdeling vir haar. Sy het nooit die Here Jesus aangeneem as haar persoonlike Here en Saligmaker nie. Eendag , in ‘n oomblik , het haar hele lewe verander. Sy het die Here as Verlosser aangeneem, geweet haar sondes is vergewe en haar lewe het heeltemal verander met die blywende wete dat sy waarlik ‘n kind van die Here is , nie net godsdienstig nie.(Johannes 3:3 ‘weergebore’)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00