Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE

STAP DEUR DIE TUIN.

 

Ek stap vandag deur my hart se tuin

 

En wat sou ek daarin vind?

 

Die “laggies” kol-op-kol het omgeval

 

en die “ek-gee-om” is weggewaai deur die wind

 

“Bekommernis” staan geil en vol in blom

 

Die “glimpses” het skoon verdwyn

 

Die “kommerplooie” staan welig teenage

 

Om te keer dat die son nie op die “lief-vir-jou” moet skyn

 

My hart se tuin is erg verweer

 

En sal dringend moet aandag kry

 

Ek val op my knieë en smeek die Tuinier

 

Om my tuin weer in orde te kry

 

Lewende Water skenk Hy dan om dit nat te lei

 

En Saad-van- Liefde om oral te plant

 

Die glimpses en laggies kol-op-kol almal steek hul koppe uit

 

Die kommerplooie het totaal verwelk

 

En stiltetyd wat oral rank kom groet my met ‘n rankende hand

 

Die beddings geloof, hoop, liefde, vrede en vreugde

 

Staan nou geil hier in my hart se tuin

 

Genade is die mees prominent een

 

Wat Jesus se Lig permanent op my tuintjie laat skyn. OORSPRONG ONBEKEND

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00