Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

 

 

 

WOLF SE GIERIGHEID.

 

 

 

 

Gierigheid kos jou altyd meer as wat jy dink. Hier is die verhaal hoe ’n Eskimo ’n wolf vang.

 

 

 

 

Die Eskimo sal sy skerp mes neem en die lem dan in die bloed van ’n dier steek , sodat die hele lem vol bloed is. Hy sal dan wag dat die bloed aan die lem vries. Hy steek dan die lem weer in die bloed en wag dat dit vries. So hou hy aan om die lem met bloed te bedek en te vries , totdat die hele lem deur bloed bedek is. Die Eskimo sal dan die mes in die sneeu druk met die lem wat opwaarts wys.

 

Wolwe jag in die nag. Die wolf sal die bloed ruik en die mes uitsnuffel. Die wolf begin dan die bloed te lek. Die wolf lek al hoe vinniger aan die mes, totdat die skerp lem ontbloot is. Die wolf is so gierig om te lek en die bloed op te neem dat hy nie agterkom dat sy tong gesny is en hy sy eie bloed oplek nie. Die wolf se gierigheid na bloed veroorsaak dat hy net aanhou en vinniger lek. Die Eskimo sal die wolf dan teen daglig by sy mes vind – dood.

 

 

 

 

KOL. 3:5 “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,”

 

 

 

 

Is jou gierigheid in jou lewe besig om jou dood te maak? Terwyl God van jou verwag om gierigheid dood te maak!!    Gierigheid is afgodediens.

 

 

 

 

Indien daar gierigheid in jou lewe is , WAT IS DIT? Besef jy vandag dat jou gierigheid voor God is en daarom is jou gierigheid ‘n afgod?

 

 

 

 

Gierig is:- Uitermatig begerig om te besit.

 

 

 

 

Wat oorheers jou gemoed? Waaraan dink jy die hele tyd? Wat doen jy uit jou pad om die sekere aspek te verkry?  

 

 

 

 

God verwag dat jy sal doodmaak en die afgod verwyder. KOL. 3:2 “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.”

 

 

 

 

GEBED

 

Here , toon my,my hart, sodat ek die afgode kan doodmaak wat tussen U en my staan? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00