Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WEES JY NET JY!!

 

Ek het vandag hierdie e-pos ontvang en wil dit graag met julle deel. Wie die skrywer hiervan is, sal ek nie weet nie maar alle eer en reg aan hom/haar. Wat ek met julle deel is ’n vry vertaling.

 

Dit het my ook aan die lied laat dink wat Barneace sing:- “ Wees jy net jy , soos die Here jou gemaak het,…..”

 

 Daar was eendag ’n man gewees wat gesien het hoe ’n skerpioen spartel in die water. Hierdie man het die skerpioen jammer gekry en besluit om te help. Hy het sy vinger in die water gesteek om die skerpioen te help maar die het hom gesteek. Die man het toe weer probeer om die skerpioen uit die water te haal met sy vinger, maar weer het die skerpioen hom gesteek. ’n Ander man wat die hele saak staan en bekyk het, het toe die man wat die skerpioen wil help gevra om op te hou om die skerpioen te red sodat hy nie meer gesteek word nie. Hierdie man wat wil help het toe geantwoord :- “ Dit is die natuur van die skerpioen om te steek maar dit is my natuur om liefde te gee. Waarom sal ek ophou om liefde te gee as dit die skerpioen se natuur is om te steek.”

 

Ons leer dat die Here van ons verwag om nie op te hou liefde gee nie. Moenie jou liefde prysgee net omdat dit ander rondom jou se natuur is om ander te beseer nie. Die oorwinning is nie daar wanneer alles goed gaan nie. Die oorwinning is daar wanneer die stryd, die houe na jou kant, die telleurstellings en die ongelukkige tye daar is.

 

DIT IS NET WANNEER JY IN DIE DIEPSTE VALLEI IS WANNEER JY KAN WEET HOE DIT OP DIE HOOGSTE BERG IS.

 

Wees jy net jy, soos die Here jou gemaak het…. Wees jy die een wat die liefde gee aan die wêreld. Dink aan die Here Jesus? Hy het ons lief gehad terwyl ons nog sondaars was.

 

ROM. 5:8  “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

 

LUKAS 6:32  En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

 

ROM. 13:8  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

 

1 JOH. 4:20  As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

 

GEBED

 

Vader, dankie dat U my leer om ander lief te hê, ten spyte van dit wat hulle van my sê en aan my doen. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00