Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WAT SINK JOU?

 

Ons is elkeen bekend met die Titanic. Die 900 voet skip het gesink op haar nooiensvaart vanaf Engeland na New York. Duisend-vyfhonderd mense het gesterf. Dit was vir daardie tyd die grootste maritime ramp.

 

Ons ken die verhaal wat vertel word dat die skip het teen ’n ysberg gebots en ’n groot skeur aan die romp het veroorsaak dat die skip gesink het.

 

4 September 1997 het daar ’n artikel verskyn in die USA TODAY wat dan vertel dat duikers en wetenskaplikes wat die skip ondersoek het, bepaal het dat dit nooit ’n groot skeur aan die romp was nie. Hierdie wetenskaplikes het klank-golwe gebruik om die wrak te ondersoek wat in die modder , twee en ’n half myl onder die water lê. Wat het hulle gevind?

 

Hulle het bevind dat die skade aan die skip relatief klein was. In plaas daarvan dat hulle ’n groot skeur gevind het, het hulle ses klein skeurtjies aan die kant gevind.

 

Hierdie ses klein skeurtjies het die magtige Titanic laat sink.

 

HOOGLIED 2:15  Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

 

Hoe baie dink ons nie dat dit die groot dinge – sonde – is wat ons lewens verniel nie? Is dit nie die “klein sonde” wat ons dink nie so belangrik is, wat ons lewens laat sink nie? Ons kannie aangaan met ons Geestelike lewe nie! Ons groei nie in die Woord nie! Wat is fout? Dit is die klein dingetjies wat God van jou verlang om uit te sorteer in jou lewe met Hom.

 

Is jou verhouding met jou huweliksmaat in orde? Verhouding met kinders en vriende? Bid jy oor jou voedsel wat jy daagliks geniet? Sonde wat jy aanvaar het in jou lewe omdat die gemeenskap dit aanvaar – is dit nie tyd om jou lewe te ondersoek en daarmee te handel nie?

 

Kry die klein jakkalse uit jou lewe!!!!!???

 

GEBED

 

Here, baie dankie dat U ons roep en waarsku! Dankie dat ek nou my lewe voor U kan bring en elke klein saak wat ek gedink het nie belangrik is nie met U kan regmaak. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00