Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WAT DOEN JY?

 

Baie jare gelede was daar ’n ou dame wat graag iets vir die Here en Sy saak wou doen en beteken. Hierdie ou dame , as gevolg van haar hoë ouderdom , was beperk in haar aktiwiteite. Sy het besef dat sy nie van huis tot huis kan loop om mense na die kerk te nooi nie en het toe begin om oor die saak te bid. Sy was iemand wat goed onderrig was in die speel van die klavier. Soos sy gebid het, het dit in haar hart begin lewe om vir mense wat depressief en alleen is die klavier te speel. Sy het ’n advertensie in die plaaslike koerant geplaas dat sy vir mense klavier sal speel oor die telefoon en dat sy dit gratis sal doen. Talle het geskakel en dan het sy gevra watter geestelike liedere hulle graag sal wil hoor.  In ’n paar maande se tyd het sy vir baie mense klavier gespeel wat depressief en alleen was. Baie van die mense wat haar geskakel het, het hul harte teenoor haar uitgepraat en kon sy ook vir hulle bid , bemoedig en help met hul stryd waarin hulle is. Die ou dame het later genoem dat hierdie klavierspel vir die mense, vir haarself ’n groot vergoeding in haar lewe was.

 

WAT DOEN JY? God het ook vir jou gawes en talente gegee om ander mense rondom jou te dien. Wat doen jy om mense te bemoedig? Wat doen jy om mense weer te help na die Lewe van die Here Jesus? Is jy die een wat net altyd daarop uit is om te ontvang? Bid God vir die weg wat jy moet gaan om ander te help!

 

EFES. 6:7 “en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,”

 

1 PETRUS 4:10 “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.”

 

GEBED.

 

Vader , ek stel myself vandag beskikbaar dat U my kan gebruik om ander te bemoedig. Dankie vir die voorregte wat ek van U verkry! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00