Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WANNEER JOU LEWE INMEKAAR TUIMEL!

 

25 Oktober 1987 het my lewe inmekaar getuimel. Ons was oppad na die Kruger Wildtuin, toe my vrou – vier maande swanger –  in ’n motorongeluk oorlede is. Ek en my seun van drie en ’n half jaar het agter gebly.

 

WAT NOU? Hoe maak ek ’n seun alleen groot? Hoe gaan ek al die huis-aspekte beheer? Hoekom is ek nie ook dood nie? Hoe antwoord jy ’n kind as hy vra: Waar is mamma? Wanneer kom mamma weer? Wat van al haar klere, gaan sy dit nie nodig kry nie? Wat eet sy?  Hoekom het sy nie met haar kar gery nie? Hoe kom sy in die hemel? Waar slaap sy? As sy in die Hemel is hoekom begrawe ons haar?

 

Waarheen nou? Wat doen jy? Wat praat jy? Hoe tree jy op? Jy pas nie in by die wat geskei is nie! Jy pas nie meer by die getroudes nie! Jy pas nie meer by die jong-mense nie! Wat? Waarheen? Hoekom? Jy is kwaad vir God- baie kwaad! Die vrou van jou jeug wat jy lief het is nie meer daar nie! Hier sit ek met haar klere , ringe , ander juwele alles!! Al jul drome het in een oomblik tot stilstand gekom! Wat nou?

 

My wêreld het getuimel! Ek wil nie meer aangaan nie! Ek wil nie met mense te doen hê nie! Los my uit!!!!

 

Is dit hoe jy voel vandag? Miskien is iemand nie dood nie maar hulle het jou beroof , verkrag, beskinder , jou te na gekom , jy is bankrot, ongeneeslike siekte in jou liggaam, ………………!  

 

Wat ookal!

 

Waarheen nou? Hoe tree ek op? Jy is kwaad vir God!

 

JOH. 16:33 “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”

 

Eerstens is dit nie die moeite werd om aan selfmoord te dink nie! Ek het ook totdat ek besef het die duiwel wil my lewe steel. Tweedens moet jy nie kwaad wees vir God nie WANT dit is presies wat die duiwel wil hê jy moet doen! Jou getuienis as kind van God word vernietig en Satan wen die rondte. Derdens besef God het ‘n doel, met dit wat oor jou lewe gekom het, wat Hy wil gebruik.

 

Filip. 1:20  “maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.”

 

:21 “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.”

 

Dink net terug hoe het Josef , Job, Simson , Daniël , …… se wêreld getuimel en hulle het aangegaan om God te dien.

 

Jy kan ook – hou aan en hou jou oë op die Here en wag dat Hy vir jou die uitkoms sal gee!

 

GEBED

 

Here ek as mens verstaan nie waarom hierdie ding met my gebeur het nie! Ek is kwaad vir U maar ek bely my gesindheid en vra dat U my sal vergewe? Here ek wag op U leiding! Ek stel myself beskikbaar dat U my kan gebruik en dat hierdie omstandighede waarin ek myself nou bevind sal uitloop op ‘n getuienis en tot verheerliking van U lieflike Naam! Dankie Here dat U vir my lief is en dat U my nooit sal verlaat nie! AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00