Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

VRIENDIN VAN DIE KONINGIN.

’n Dokter het ’n twee-en-sewentig jarige dame, Maria Vincent ,  besoek in die tyd toe Koningin Victoria nog aan bewind was. Maria se man het haar ’n hele klomp jare gelede verlaat en sy was baie arm en het in ’n baie arm omgewing gewoon en baie eenvoudig. Maria was ondervoed en het ook geen warm klere gehad nie asook geen hout vir ’n vuur.

Die dokter kon nie glo dat haar vriende en vriendinne haar in die toestand los nie. Die dokter het Maria uitgevra na haar omstandighede asook na haar vriende en vriendinne. Maria het gesê dat sy geen vriende het nie maar later in die gesprek gesê dat sy wel een vriendin het maar dat sy seker is dat die vriendin van haar vergeet het. Die dokter het haar gepols om te sê wie die vriendin is. Baie later het Maria ingestem en gesê dat dit Koningin Victoria is. Hulle twee was vriende van kleins af.

Die dokter het geloop en toe hy by die huis kom, natuurlik onseker of Maria die waarheid praat, het hy tog gaan sit en vir die koningin ’n brief geskryf. Dit was slegs ’n paar dae later dat hy ’n brief van die koningin ontvang. Die storie was waar. Sy het ook nie vergeet van Maria nie. In die koevert was daar ook genoeg geld vir die versorging van Maria. Maria het vir die res van haar lewe gemaklik gewoon as die vriendin van koningin Victoria.

Wat is jou omstandighede? Is dit ook in jou oë haglik? Jy voel asof daar geen vriend of vriendin is nie. Jy weet nie wat om te doen nie en jy is baie skaam oor jou leefwyse en armoede.

Ja, almal kan jou vergeet het, maar daar is Een wat jou nie vergeet het nie.

JESAJA 49:15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!

JESAJA 49:16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.

Wat ‘n bemoediging vandag! God is bewus van my, my lewe, my omstandighede, my nood, my verlange, ……..

GEBED

Dankie Here vir die berusting dat U my nie vergeet het nie! Dankie dat U daar is en dat U my las kan dra. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00