Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VRIENDE!

 

As Vriende mekaar nie dra nie,

 

mekaar se probleme nie verstaan nie,

 

mekaar nie moed inpraat nie,

 

nie vir mekaar bid

 

of saam kan skaterlag nie……

 

Dan staan hulle heeltemal alleen.

 

Hulle moet mekaar raadgee en aan die hand

 

neem.

 

Mekaar na die Kragbron lei

 

waar almal garingdrade is . . .

 

Bid vandag vir almal

 

wat ‘n verskil in jou lewe gemaak het

 

En dankie dat JY ‘n verskil maak in my

 

lewe!!!

 

Ek is lief vir jou!

 

Kyk vandag met nuwe oë na jou ma, pa

 

jou dogter, jou suster,seun, broer,…

 

hulle is ‘n kunswerk, uniek geskape deur ons

 

Hemelse Vader… almal met ‘n spesifieke

 

doel.

 

Sê dankie, vir al die dinge wat ander vir ons

 

doen wat ons as vanselfsprekend aanvaar!!!

 

Dankie vriende,

 

dat julle my help om my draadjie weer

 

met was te smeer en sterk te maak!!

 

JOB 22:21  Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

 

GEBED

 

Here, dankie vir vriende wat ondersteun en vir my bid – seën hulle met U Hemelse seën? Dankie dat U my Vriend is! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00