Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VERKEERDE GEVOLGTREKKINGS.

 

Op pad werk toe word ek begroet deur ʼn gesig wat my tegelykertyd hartseer en kwaad maak. Bo-op ʼn hoop vullis sit ʼn vreesbevange Chihuahua. Hy is te hoog om af te klim en daar is geen manier hoe hy self tot bo kon klim nie. Hy is letterlik deur ʼn gevoellose persoon met die vullis ‘uitgegooi’.

 

Ek neem hom terug na my werkplek en later huis toe. Ek probeer nie eens om een van die diereverenigings te bel nie want hierdie is nie ʼn geval van ʼn verlore hond nie, maar ʼn weggooihond.

 

Later die aand hoor my baas dat iemand hul Chihuahua verloor het en hy gee hulle my nommer. Ek is verbaas toe die hond se rasend bekommerde eienaar my bel.

 

Sy kom hom dadelik haal en sy is baie dankbaar vir wat ek gedoen het. Hy sit op ʼn elektriese kombers en speel doodgelukkig met ʼn bal toe sy daar aankom.

 

Toe sy besig is om haar vullis in sakke te sit, laat staan sy blykbaar ʼn sak op die kombuisvloer. Die hond kruip in die sak en sonder dat sy dit besef, bind sy die sak toe en laat dit by die vullisoptelpunt. Gelukkig kry hy dit reg om uit die sak te kom, maar nou is hy bo-op die ashoop vasgekeer.

 

Ek voel baie afgehaal omdat ek so gou was om die verkeerde gevolgtrekking te maak. Dit is duidelik dat sy baie lief is vir die hond en ek voel skuldig oor wat ek van die eienaar gedink het.

 

Nou maak ek nie meer gevolgtrekkings oor gebeure nie, maak nie saak hoe voor die hand liggend die feite lyk nie.

 

En wanneer ek hoor mense oordeel sonder die feite, vertel ek hulle van die Chihuahua op die vullishoop.                              Bron: Reader’s Digest 2010-01-05

 

Om ʼn volgeling van Jesus Christus te wees beteken nie jy kan nie val of foute maak nie of selfs deur ander gepootjie word, maar dit beteken dat as jy val, jy dadelik weer opstaan en dinge met mense en met God regmaak!

 

Want sewe maal val die regverdige en staan weer op (Spr 24:16, OV).

 

Sewe keer onderstebo, maar kom weer orent, want God is aan my kant!

 

Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun (Ps 54:6, OV).

 

Moenie bang wees om vir hulp en advies met al jou probleme na God te kom nie!

 

Hy is die enigste alom goeie- en almagtige Helper!                UIT:- JAPANSENDING

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00