Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TELEMACHUS SE YWER!

 

In die Romeinse Colosseum was die mense gaande oor die gevegte van die gladiators / swaardvegters. Hulle het geveg vir die lewe maar die volgende oomblik was daar iets abnormaal. ’n Grof geboude man het uit die skare opgestaan en oor die muur gespring om die vegters te stop. Dadelik was daar ’n geveg tussen hom en een van die gladiators , wat hy op die grond vas gedruk het en die ander wat rondom hom staan met hulle swaarde. Die skare was briesend – hulle wil die bloed sien vloei en het begin skreeu maar dit is met ’n diep stem dat hy die skare tot bedaring roep en sê:- “ Moenie God se genade vergelde deur met die swaard jou vyand te vermoor nie! “ Weer het die skare geskreeu en uitgeroep :- “Hierdie is nie die plek om te preek nie!” Die gladiators het weer begin veg met mekaar terwyl hulle die vreemdeling eenkant stoot maar hy het tussen hulle gestaan en die skare het geroep:- “ Oproer! Oproer! Oproer! Weg met hom!!!” Een van die gladiators het hom met sy swaard gesteek en toe het die skare enige iets wat hulle kon kry na hom gegooi en toe hy toe was onder die klippe en ander artikels en sy stem stil was, het die skare erken dat sy kleed wys hom uit as ’n Heilige man wat in gebed met God tyd deurbring. 

 

Die wat hom geken het, het vertel hoe hy vanuit die Ooste van Asia gekom het om die Kerk te besoek en sy Christusfees in Rome deur te bring, hulle het geweet dat hy ’n Heilige man was en sy naam Telemachus. Dit was al!

 

Telemachus kon dit nie hanteer dat talle deur die swaard moes sterf terwyl ander dit met vreugde aanskou nie. Sy ywer om dit stop te sit het sy lewe gekos.

 

Telemachus het nie verniet gesterf nie, want die oomblik toe hy sterf is sy doelwit bereik. Vertelling is dat die mense in stilte die stadium verlaat het.

 

Die Christen keiser Honorius was so beindruk met die ywer van Telemachus, dat hy ’n bevel gegee het dat geen gladiator gevegte meer sal plaasvind nie. Die laaste geveg van Gladiators het plaasgevind op 1 Januarie 404 na Christus – Telemachus se sterfdag.

 

ROMEINE 12:11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;

 

PSALM 69:10 Want die ywer vir u huis het my verteer, 

 

Het jy nog ywer vir die saak van God? Is daar ywer vir siele/ gebed / getuienis / Heiligheid / rein lewe / …..

 

In die tyd waarin ons lewe is daar soveel ywer vir baie dinge. Wat van die Here? Gaan ons nie elkeen eendag voor Hom staan en verantwoording doen oor ons werke as kinders van God nie? Gaan jy skaam kry?

 

Gaan vandag en ywer vir die Here waar jy beweeg en met wie jy sal praat! Laat hulle Jesus Christus in jou sien.

 

GEBED

 

Vader, dit het gebeur dat ek my ywer vir U en U saak verloor het. Herstel weer die eerste liefde in my lewe? AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00