Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

SES WONDE

Daar is ses verskeie wonde wat ’n persoon kan ontvang in of aan sy liggaam.

1.     Skaaf wond –  Waar die vel afgeskaaf word. Dit kan gebeur as jy struikel of jou skuur teen ’n harde voorwerp of selfs ’n skramse hou ontvang.

2.     Verwarrende wond – Waar jy ’n harde hou kry, veral teen die kop.

3.     Sny of kerf wond – Waar jy gewond word deur ’n mes of ’n spies of skerp voorwerp.

4.     Skeur wond – Waar die vlees van die persoon oopgeskeur word om ’n gapende wond te veroorsaak.

5.     Penetrasie wond – Waar die die vlees deurboor word en

6.     Prik wond – Waar die vlees ’n gat ingesteek word.

Indien ons hierdie wonde bestudeer , dan ontdek ons dat die Here Jesus Christus al hierdie wonde opgedoen het. Ja, waarlik Hy het pyn verduur! Die feit dat die Here Jesus so fisies gely het , gee nie krag aan die kruis nie! Wat ons wel moet byvoeg is die geestelike stryd en pyn wat Hy aan die kruis verduur het. Dit is wanneer ons al hierdie aspekte bymekaar plaas dat ons besef dat Jesus Christus se dood aan die kruis was heeltemal anders as al die ander.

Liewe vriend/in , ja, dit is so dat jy ook al baie pyn verduur het of selfs nou verduur. Daar het dinge met jou gebeur wat in jou gemoed vas gesteek het. Indien die datum van die tyd dat dit met jou gebeur het nader kom, begin jy spanning ervaar , die trane vloei , en jou hele lewe word oorspoel met al die gedagtes, so asof jy dit weer beleef.

Dink aan die Here Jesus – dit wat Hy vir jou gedoen het. Hy ken pyn en smart maar dit is die beloning van die hiernamaals wat Hom laat volhard het tot die einde. Volhard tot die einde! Jesus sal verseker jou bystaan indien jy Hom soek.

HEBR. 13:5 “…. Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.”

:6 “Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en  

      ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?”

GEBED

Here, baie dankie dat U weet waardeur ek gaan. U ken my pyn, smarte en trane. Dankie dat ek kan weet dat U sal my nooit verlaat nie. Here ek loof U , al verstaan ek nie altyd U weë nie. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00