Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
ROSE VIR ROSA.
n Bejaarde man het op valentynsdag met ‘n bos pragtige rose op ‘n bus geklim en langs ‘n jong man gaan sit. Die jong man het met bewondering na die pragtige bos rose gekyk en gese: “Iemand is baie gelukkig om so ‘n romantiese geskenk vir Valentynsdag te kry!”
“Ja” se die ou man “dit is vir Rosa, my vrou”
Dit was asof die jongman nie sy oe van die pragtige rose kon afhou nie en die ou man vra hom toe:
“het jy ‘n meisie” en die jong man antwoord “Ja, ek is reeds oppad na haar toe, ek het nou nie geld vir so pragtige bos rose nie, maar ek neem darem vir haar die”, en hy haal ‘n beskeie valentynskaartjie uit sy binnesak.
Hul het in stilte vir die volgende tien minute gery, elkeen besig met sy eie gedagtes. Toe staan die ou man op om by die volgende bushalte af te klim.
Hy lig sy hand vir die jong man en toe sit hy die bos rose vinnig op sy skoot neer!
“Ek dink my vrou sou wou hê ek moet dit vir jou gee om vir jou meisie te neem. Ek sal haar sê…”
Oorbluf het die jong man hom agterna gekyk toe hy van die bus afklim en ‘n paar tree verder by die hek van die begraafplaas inloop.
MATT. 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.