Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

OUMA AGTERGELAAT

 

ʼn Vrouekollegestudent in die 3/11/2011 Japannese rampgebied het die volgende brief aan ʼn bekende sielkundige, J Umihara geskryf (verkorte vertaalde weergawe):

 

    “Hoe ek ookal probeer, ek kan net nie die gebeure van 11 Maart uit my gedagtes kry nie. Ek het die dag toe daardie enorme tsoenami ons dorp tref en alles in sy pad insluk, saam met my ouma probeer vlug.

    Op een stadium het my ouma gaan sit en gesê sy kon net nie meer hardloop nie. Ek wou haar dra maar sy weier botweg en beveel my dringendheid, ‘Vlug, vlug!’

    Ek maak verskoning dat ek haar moet agterlaat, en hardloop alleen verder. Drie dae later is haar lyk so ʼn entjie van die plek waar ons afskeid geneem het, gevind.

    Ouma was ʼn uiters grasieuse en sagte persoon en ek het haar ontsettend bewonder. Maar, ai tog, op die ou ent lê haar liggaam daar op die koue vloer van ʼn gimnasium soos ʼn vis op die markplein. Dit was asof haar waardigheid as mens totaal aangetas was.

    Ek het haar aan haar lot oorgelaat en alleen gevlug. Moet ek vir res van my lewe met die vloek van sulke boosheid saamleef?

    Hoe kan ek opmaak vir wat ek gedoen het? Ek huil elke dag en kry baie swaar. Help my asseblief.

    Van A”

 

Die sielkundige, J Umihara antwoord haar as volg:

 

“Liewe mej. A

    Ek kon nie help om te huil toe ek jou brief lees nie. Om in sulke pyn te moet leef! G’n wonder elke dag is vir jou so moeilik nie. Ek stem egter nie saam dat jy jou ouma aan haar lot oorgelaat het nie.

    Jou ouma was helderdenkend en in staat om ʼn vinnige besluit te neem in ʼn angsvolle sitasie. Sy het haar eie wil uitgeoefen en jou gebied om alleen te vlug. Sy het waarskynlik geweet dat beide van julle sou omkom as julle sou probeer om saam te vlug.

    Sy het geglo dat jy ʼn beter kans op oorlewing sou hê as jy alleen sou vlug. Dit is waarom sy geweier het dat jy haar moes dra. Haar oordeel was heeltemal korrek aangesien jy oorleef het. Jy leef nou as gevolg van die uitoefening van haar eie wil.

    Onthou ook dat, ongeag hoe jy daaroor voel, niemand jou eie waardigheid in die lewe kan vernietig nie. Al het jou ouma op die vloerblad van die gimnasium gelê, het sy haar lewe met waardigheid en trots geleef.

Moet asseblief nie vergeet van die wonderlike gees wat jy van haar geërf het nie. Leef jou lewe op so ʼn wyse dat haar herinneringe daardeur geëer sal word.”

 

Is dit nie jammer dat die sielkundige nie ʼn Christelike oplossing vir haar kon voorlê nie!

 

Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

 

Mat 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

 

Mat 11:30  want my juk is sag en my las is lig.

 

Daar is niemand in die wêreld soos Jesus wat ons laste kan dra en ons rus kan gee                               

 

nie!                                                                                                                                                  UIT:- JAPANSENDING

 

JESAJA 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

 

GEBED

 

Vader, dankie dat ek ALTYD na U kan kom vir rus. Dankie vir U liefde en genade en dat U vir my die RAADSMAN is.    AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00