Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

NEEM JY AANSTOOT?

 

Hugh Lattimer het een Sondag gepreek en Koning Henry VIII was in die diens. Koning Henry was ongelukkig oor die boodskap en het aanstoot geneem oor die Woord van God. Hy het vir Hugh gesê om weer die volgende Sondag te preek en dan moet hy verskoning maak vir die aanstoot wat hy gegee tydens die diens. Die volgende Sondag was Koning Henry VIII weer in die diens om die verskoning aan te hoor. Nadat Hugh sy Skrifgedeelte gelees het, het hy sy preek so begin:-

 

“Hugh Lattimer, dost thou know before whom thou are this day to speak? To the high and mighty monarch, the king’s most excellent majesty, who can take away thy life, if thou offendest. Therefore, take heed that thou speakest not a word that may displease. But then consider well, Hugh, dost thou not know from whence thou comest—upon Whose message thou are sent? Even by the great and mighty God, Who is all-present and Who beholdeth all thy ways and Who is able to cast thy soul into hell! Therefore, take care that thou deliverest thy message faithfully.”

 

Hugh het hierna weer dieselfde boodskap gepreek wat hy die vorige week gepreek het MAAR met baie meer passie.

 

Hoe gereeld neem jy aanstoot? Aanstoot van wat mense sê maar ook veral oor die Woord van God? Hoekom wil jy nie meer na die kerk gaan waar hulle vir jou die Skrif duidelik uitlê en jy jou toestand kan besef nie? Is dit aanstoot? Mede gelowiges het iets gedoen en nou neem jy aanstoot EN dan is JY sommer vir God kwaad? Maak ons almal nie foute nie? Hoekom vir God kwaad wees oor jou aanstoot?

 

MATT. 11:6 “En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.”

 

MATT. 15:12 “Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?”

 

GEBED

 

Here ek wil nie aanstoot aan U neem nie! Ek is gewillig om te buig voor U Woord. Vergewe my gesindheid waar ek aanstoot geneem het? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00