Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
NATRIUM EN CHLOOR.
Natrium is ’n silwerwit , sagte alkalimetaal wat in ‘n natuurlike gekombineerde vorm gevind word. Natrium bind altyd met ’n ander materiaal/element.
Chloor, aan die ander kant, is ’n giftige gas met ’n verstikkende reuk wat ook dan gebruik word as bleikmiddel, gifgas in oorloë, as insekdoder en as waterreinigingsmiddel.
Wanneer natrium en chloor saam gevoeg word, vorm dit Natrium-chloried wat ons ken as die gewone kombuis sout. Dit is wat ons gebruik om die vleis en ander kosse die lieflike geur te gee.
Liefde en die waarheid kan soos natrium en chloor wees. Liefde sonder die waarheid is maar wispelturig , soms blind en gewillig om met verskillende doktrines te meng.
Aan die ander kant kan waarheid weer aanstootlik/beledigend en soms self giftig wees. Wanneer die waarheid sonder die liefde getuig word, kan dit mense se harte verhard en hulle wegstoot van die Evangelie.
Dit is wanneer die liefde en die waarheid verbind word met mekaar, hetsy in die individue of in die gemeente, dan vind ons wat die Here Jesus gesê het, “die sout van die aarde” wat bewaar en verduur en die lieflike geur van ons geloof navore bring.
MATT. 5:13 “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.”
Vriend/in het jy jou liefde of waarheid verloor , dat jy laf geword het en vir die wêreld niks meer beteken nie? Is jy soos die natrium alleen net vir jouself met ander woorde, lief net vir jouself en geen liefde vir verlorenes nie? Of is jy soos die chloor , ‘n gifgas wat voortdurend net vernietig al die mense wat om jou is. God wil Sy liefde en Sy waarheid in jou lewe saamvoeg sodat jy die lieflike geur kan gee aan die wêreld en sodat jy die verderf kan keer.
GEBED
Vader, my Evangelie-geur wat ek uitgee het sy krag verloor in my lewe. Herstel my sodat ek die lieflike geur van God kan gee? AMEN