Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

NAAK IN DIE PUBLIEK!         

 

Dit was een van die aangrypendste foto’s wat tydens die Vietnam oorlog geneem is:- ’n klein dogtertjie wat naak die straat af hardloop met haar oë groot van vrees en pyn op die gesiggie te lees.

 

Vier en twintig jaar nadat die foto geneem is van die klein dogtertjie, het die Amerikaners uitgevind wat van die dogtertjie geword het. Daar was weer van haar ’n foto geneem, waar sy ’n krans by die monument lê in Washington. As kind het Kim Phuc die gruwel van oorlog vir die Amerikaners gebring in ’n foto.

 

Hier waar sy die krans lê, bring sy vir die Amerikaners die lewe van vergifnis.

 

Nadat sy die krans gelê het , het sy die veterane toegespreek. “Soos julle weet is ek die dogtertjie wat weg gehardloop het vir die vuur van die bom. Ek het baie fisiese asook emosionele pyn ervaar. Daar was baie kere dat ek gevoel het , ek kannie lewe nie, maar God het my gered en hoop en geloof gegee.”

 

Kim was , nadat die foto geneem is tydens die aanval, deur die fotograaf Nick Ut na die hospitaal geneem waar sy behandel en verpleeg is vir die brandwonde. Jare se pynlike terapie het gevolg.

 

Na die oorlog het Kim by die Universiteit ingeskryf om ’n dokter te word. Sy was meer waardevol vir propoganda en daarom het hulle haar in ’n  kantoor vir die staat laat werk.  Daar is ook van haar verwag om haar brandwonde te toon aan alle besoekers.

 

In 1986 is Kim na Kuba gestuur om te studeer en daar het sy vir Bui Huy Toan ontmoet wat ’n evangelis was. Sy het ook toe tot weergeboorte gekom. Hulle is later na Kanada waar hulle in Toronto woon met hul dogter.

 

Kim het ook by die seremonie waar sy die krans gelê het, dit uitgespreek dat sy die loods wat die bom gegooi het en haar ouma en twee broers gedood het, vergewe. Sy sal graag met die loods wou praat en vir hom sê dat ’n mens kannie die verlede verander nie, maar jy moet nou poog om goeie werke teenoor almal te doen. Talle van die veterane het gehuil tydens Kim se toespraak.

 

Kim Phuc het besef dat by die kruis word die mens versoen met God maar ook met sy medemens.

 

Christus laat jou hierdie verhaal lees met ’n doel! Is jy versoen met God asook jou medemens wat jou soveel pyn in hierdie lewe al gegee het? Is jy nie die een wat “naak” deur die wêreld hardloop omdat jy nie ’n ontmoeting met God gehad het nie? NOU is die tyd om te versoen en te vergewe.

 

GEBED

 

Vader, vergewe my en maak my harde hart weer sag – ek vergewe! AMEN   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00