Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

’n GOEIE NAAM!

 

Butch O’Hare was een van die helde van die tweede wêreldoorlog. Hy was ’n veg vlieënier op een van die vliegdekskepe. Eendag is die hele eskader gestuur vir ’n taak. Hulle het almal opgestyg  en in die lug het Butch besef hulle het nie sy vliegtuig vol brandstof gemaak nie en hy moes terugdraai na die skip.

 

Terwyl hy terug vlieg het hy ’n hele klomp vyandige vliegtuie gesien wat in die rigting van die vloot skepe vlieg.  Hy het besef dat hy hulle aandag moes trek sodat die res van sy maats die opdrag kon gaan uitvoer asook dat die skepe veilig kan wees.

 

Hy het tussen hierdie vliegtuie in geduik en woes geskiet. Butch het in en uit hierdie formasie van vliegtuie geduik en geskiet. Dit was nie baie lank nie toe is sy ammunisie klaar. Hy het op die vliegtuie af geduik en gehoop hy tref ’n vlerk  of stuk van die romp om hulle buite aksie te stel.

 

Eindelik het die vyand gevlug en Butch kon na die skip terug keer en hulle storie vertel. Die kamara wat op die vliegtuig gemonteer was het die verhaal bevestig en Butch was die held.

 

**********************************************

 

In 1920 was daar ’n man met die naam Easy Eddie.  Al Capone het die stad beheer en was berug vir sy drank, prostitusie en moord. Almal het hom gevrees en Al Capone het net voort gegaan met sy lewe want hy het ’n goeie prokureur gehad – Easy Eddie. Eddie was goed en het Al Capone uit die tronk gehou en is deur Al Capone goed betaal. Eddie se huis het ’n hele blok beset en is deur wagte opgepas. Eddie was deel van die mafia.

 

Eddie het een “soft spot” gehad – sy seun. Hierdie seun het alles gekry wat sy hart begeer het – die beste motors, klere, opvoeding. Ten spyte van Eddie se verbintenis met die mafia het hy tog probeer om sy seun waardes van die lewe te leer. Hy wou sien dat sy seun ’n beter man sal wees as wat hy is.

 

Tog ten spyte van alles , was daar twee dinge wat Eddie nie sy seun kon gee nie – ’n goeie voorbeeld en ’n goeie naam.

 

Eendag het Eddie besluit om vir sy seun ’n goeie naam te gee wat meer belangriker was as al die rykdom wat hy gehad het. Hy het na die owerhede gegaan en hulle alles vertel van Al Capone. Deurdat hy dit gedoen het, het hy besef dat hy teen die mafia sal moet getuig en dat die koste hoog sal wees. Tog was sy begeerte om reg te doen en sy seun ’n goeie naam te gee. Hy het getuig en binne ’n jaar is Easy Eddie se lewe beeindig deur die koëls van die mafia.

 

Easy Eddie se seun was Butch O’Hare.

 

SPREUKE  22:1  ‘n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00