MOET JY ALLES WEET?

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

MOET JY ALLES WEET?

 

DEUT. 29:29  Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.

 

Is dit nie so dat jy somtyds in ‘n woestyn tydperk beland en dan jou “moeg” dink waar die antwoorde vandaan sal kom nie? Ons vind in die skrif dat alles nie vir ons as mens geopenbaar is nie. Hier volg ‘n paar voorbeelde:-

 

1. HAND. 1:6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?

 

    HAND. 1:7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of    

 

    geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

 

   Die koninkryk is nie vir ons as mens geopenbaar nie.

 

2.  1 JOH. 3:2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

 

   

 

     Ons kan baie dink en praat oor die Hemel maar dit is nie aan ons

 

     geopenbaar wat ons sal wees nie.

 

3.  2 KOR. 12:7  En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

 

     2 KOR. 12:8  Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.

 

     2 KOR. 12:9  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

 

    Paulus wou verlos wees van hierdie stryd in sy lewe maar die Here het  

 

    aan hom bevestig dat Sy genade is vir hom genoeg.

 

Dus is dit baie duidelik dat die Here nie alles aan ons openbaar nie. Weet dit vandag dat ook al die dinge wat oor jou lewe kom jy nie altyd verstaan nie. Jy soek en bid vir antwoorde en God openbaar dit nie want ook in dit is Sy genade vir jou genoeg. Dink ook hier aan Job.

 

1 KOR. 13:12  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

 

Moet jy alles weet? Ek dink nie so nie! Rus in die Here met die wete dat Hy van alles weet en alles wat met jou gebeur met ‘n Goddelike doel gebeur!

 

GEBED

 

Here, dankie dat ek kan weet dat U in beheer is , al verstaan ek nie alles wat met my gebeur nie! Ek rus in U! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00