MENSE RONDOM JOU.

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

MENSE RONDOM JOU.

 

Daar is n gediggie wat sê:

 

As ek geweet het dis die laaste keer

dat ek jou aan die slaap sou sien raak,

sou ek meer moeite gedoen het

om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer

wat ek jou by die deur sien uitloop,

sou ek jou gedruk en gesoen het –

en jou teruggeroep het vir nog n drukkie.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor,

sou ek dit op band op geneem

het sodat ek dit weer en weer kon speel.

 

Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil  maar se nou vandag was die Laaste Kans!

 

Die Bybel sê:

 

” Ons is maar n damp wat n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.”

Kom ons maak vadag tyd om te sê:

 

`Ek is jammer` of `Dankie` of `Ek waardeer Jou`!

As more dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit!

 

Waardeer vandag die mense rondom jou.                                                         Oorsprong onbekend 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00