LOUIS BRAILLE!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LOUIS BRAILLE!

 

Louise Braille is gebore in ’n klein dorpie suid-oos van Parys , Coupvray op           4 Januarie 1809. Sy pa was ’n leerlooier en het onder ander saals gemaak.

 

Sodra Louis begin loop het, het hy baie tyd saam met pa in die werkswinkel spandeer. Dit was op die ouderdom van drie dat hy sy regteroog geskraap het met ’n els. Hulle kon niks vir hom doen nie en het maar net die geinfekteerde oog verbind. Louis het baie sy oë gevryf en kort voor lank het die ander oog ook infeksie. Hierdie infeksie het hom totaal blind gemaak.

 

Hy is na ’n skool vir blindes waar hy opgelei is as orrelis.  Die kinders is ook geleer om te lees met die sisteem van die stigter van die skool. Dit is letters wat teen koperdraad op papier gedruk is.

 

In 1821 het Charles Barbier, ’n voormalige kaptein in die Franse weermag, die skool besoek. Hy het ’n sisteem ontwerp wat “night writing” genoem is en aan die skool bekend gestel. Hierdie sisteem was ’n kode van twaalf punte en ’n paar strepe wat hulle in oorlog tyd gebruik het om te kommunikeer sonder om te praat. Hierdie kode was te moeilik vir Louis om te verstaan, maar dit het hom geinspireer om sy eie kode te ontwikkel.

 

Louis het sy metode van verhewe punte ontwikkel met dieselfde instrument wat sy blindheid veroorsaak het – die els. Hy voltooi die sisteem op die ouderdom van vyftien jaar – 1824. Hy het later voort gegaan om die sisteem uit te brei vir wiskunde en musiek. In 1829 het hy sy boek gepubliseer en later saam met sy vriend ’n tikmasjien ontwikkel vir blindes.

 

Louis Braille is oorlede 6 Januarie 1852 as gevolg van tuberkulose. Sy sisteem is eers in 1852 deur die Franse erken en begin gebruik.

 

Hier is so baie aspekte wat ons vanuit sy lewe kan leer. Hou aan al is jy blind! Volhard al verstaan jy nie waaroor dit gaan nie! Moenie tou opgooi net omdat jy dink jy is beperk nie! Wees ’n stille getuie vir die wêreld! Uitgesproke woorde is nie altyd nodig om te kommunikeer nie. Moenie altyd net vir erkenning werk nie.   

 

Hierdie volgende verse kom in my gedagtes:-

 

EFES. 6:5  Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;

 

EFES. 6:6  nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen

 

EFES. 6:7  en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,

 

GEBED:- Gebruik my Here tot U eer alleen! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00