LIEFDES VERHAAL.

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LIEFDES VERHAAL.

 

Eendag word ek vroeg wakker om die sonopkoms te bekyk. Die mooi van God se skepping is onbeskryflik. Soos ek staar na die sonopkoms loof en prys ek God vir die wonderlike werk en terwyl ek daar sit ervaar ek God se teenwoordigheid.

 

 God vra toe vir my: “Het jy my lief?”

 

 Ek antwoord sommer dadelik :- “Ja my Heer! U is my God en Verlosser!”

 

God vra my :- “Indien jy liggaamlik gestrem is, sal jy my nog liefhê?”

 

Ek was verbaas en stil en ek kyk na my arms en bene en my hele liggaam en wonder hoe baie dinge ek nie sal kan doen, wat ek tog so as algemeen aanvaar.

 

Ek antwoord toe:- “Dit sal moeilik wees , maar ek sal U nog liefhê!”

 

Die Here vra toe:- “Indien jy blind is, sal jy my nog liefhê sowel as My skepping?”

 

Hoe kan ek iets liefhê wat ek nie kan sien nie? Ek dink toe aan al die blinde mense in die wêreld en hoe baie van hulle het God lief sowel as Sy skepping.

 

Toe antwoord ek: “Dit is moeilik om daaroor te dink maar ek sal U nog liefhê!”

 

God vra vir my: “As jy doof is, sal jy nog na my Woord luister?”

 

Hoe kan ek na enige iets luister as ek doof is? Maar toe verstaan ek! Om na God se Woord te luister beteken nie ons ore nie maar ons harte!

 

Ek antwoord toe:”Dit sal moeilik wees maar ek sal U nog liefhê!”

 

Toe vra God: “As jy stom is, sal jy my nog loof en prys?”

 

Hoe kan ek loof en prys sonder ’n stem? Dit is toe dat ek besef dat God wil hê ons moet vanuit ons harte en ons siel Hom loof en prys en besing. Dit maak tog nie saak hoe ons stemme klink nie en verder, dit is nie altyd met ’n lied nie, maar ons moet Hom loof en prys ook as ons vervolg word.

 

Toe antwoord ek: “Indien ek nie fisies kan sing nie, sal ek U nog steeds loof en prys!”

 

God vra toe:”Het jy My waarlik lief?”

 

Dit is met oortuiging en moed dat ek antwoord :”Ja, my Heer, ek het U lief want U is my enigste en ware God!”

 

Ek het gedink ek het ’n goeie antwoord gegee maar toe vra God:”Waarom sondig jy dan?”

 

Ek antwoord toe:”Ek is maar net ’n mens , ek is nie volmaak nie!”

 

“Waarom as dit goed gaan is dit die tyd dat jy van My af weg beweeg? Waarom in moelike tye bid jy ernstig?”

 

Ek het nie geantwoord nie – net trane was oor my wange!

 

Toe praat God weer:”Waarom sing jy net as jy saam met kinders van God is? Waarom soek jy My net in tye van aanbidding? Waarom bid jy so selfsugtig? Waarom vra jy My so met ’n ongelowige gesindheid?”

 

Die trane bly oor my wange rol!

 

“Waarom is jy skaam vir My? Waarom verkondig jy nie die Evangelie nie? Waarom in tye van nood en vervolging huil jy by ander terwyl Ek My skouer aanbied? Waarom maak jy verskonings as Ek jou geleentheid gee om My te dien?”

 

Ek het probeer antwoord maar daar was geen antwoord gewees nie!

 

God het verder gepraat:” Jy is met die lewe geseën! Ek gee dit nie vir jou om dit weg te gooi nie! Ek het jou gawes gegee om My te dien, maar jy draai altyd weg! Ek gee jou gereeld My Woord maar jy groei nie in kennis nie! Ek praat met jou – maar jou ore bly toe! Ek toon jou My seëninge maar jy gee geen aandag nie! Ek het diensknegte gestuur vir jou , maar jy stoot hulle weg en vermy hulle! Ek het jou gebede gehoor en dit geantwoord!  HET JY MY WAARLIK LIEF?”

 

Ek kon nie antwoord nie! Hoe kon ek? Ek het geen verskoning nie! Wat kan ek sê?

 

Nadat ek my hart uitgehuil het en my trane opgedroog het sê ek : “ Vergewe my asseblief Here? Ek is onwaardig om U kind te wees!”

 

Die Here antwoord toe vir my:” Dit is My genade , my kind!”

 

Toe vra ek:”Waarom bly U my vergewe? Hoekom het U my SO lief?”

 

Toe sê die Here:” Omdat jy My skepping is! Jy is My kind! Ek sal jou nooit verstoot nie! As jy huil, huil Ek ook! As jy lag, lag Ek ook! As jy depressief is sal Ek jou bemoedig! As  jy moeg is , sal Ek jou dra! Ek sal met jou wees tot aan die einde van al die dae!”

 

Ek het nog nooit so hard gehuil nie! Hoe kon ek so koud wees? Hoe kon ek God so seer maak?

 

Toe vra ek vir God:”Hoe baie het U my lief?”

 

Die Here het Sy hande uitgesteek en toe sien ek die merke van die spykers.

 

Ek het op my knieë geval en vir die eerste keer kon ek waarlik bid!

 

                                                                                      Skrywer onbekend

 

GEBED

 

Here wie is U? Here, U liefde gaan my verstand te bowe! Dankie dat U so wonderlik is en met my as eenvoudige mens so wonderlik bemoeienis maak! Ek aanbid U! Ek loof U en prys U  o God!  Dankie vir U liefde! AMEN. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00