LAPPIESKOMBERS-MENS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LAPPIESKOMBERS-MENS

 

Here, my lewe is `n klomp Los

Weggooilappies wat geen doel

Dien nie, nie sin maak nie en eenvoudig

Nie self heel kan wees nie.

 

Dankie dat U my voetstoots liefhet.

Dat U genade die stukkies

Van my lewe optel en dit

Dan aanmekaar werk tot `n

Betekenisvolle heelwees-lewe…

Tot `n nuwe oorwees-mens.

 

Leer my om uit dankbaarheid

Vir die grootsheid van U genade

Ook ander toe te maak met die

Sagtheid van my laslappiehart…

Met die genade van my

Donskombers-liefde.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00