KRY VERLEDE IN DIE VERLEDE!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

KRY VERLEDE IN DIE VERLEDE!

 

Vandag dink ons aan die lewe van Carl Colson. Wie is hy, vra jy?  Wel Carl Colson was die regterhand van Richard Nixon , die voormalige president van Amerika. Carl is tronk toe gestuur vir die Watergate skandaal. Terwyl hy in die tronk is, het hy ’n ontmoeting met die Here gehad en die “Prison Fellowship” gestig. Vandag is die “Prison Fellowship” die grootste uitreik na tronke en die families wat alleen gelaat is. Daar is meer as vyftigduisend gewilligge werkers wat in agt-en-tagtig verskillende lande werk reg oor die wêreld. Hierdie is ’n bediening wat jare gelede ontstaan het , omdat Carl Colson ’n misdaad gepleeg het. God het ’n plan gehad met Carl Colson al het hy ’n misdaad gepleeg.

 

Vandag is jy moedeloos en moontlik ,sit jy hier en lees en in jou gemoed weet jy , jy het misdaad gepleeg. Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, watter sonde jy in jou lewe toegelaat het nie!!!! Jy is oop en bloot voor die Here en Hy het ’n wonderlike plan met jou!!  Sou hierdie organisasie van Carl Colson ooit begin het as hy selfmoord gepleeg het? NEE!!! Sou dit begin het as hy alles net op gegee het?  NEE!! God het ’n plan!! So ook met JOU lewe!! God is besig om te werk , dit is waarom jy nog nie gesterf het nie! Daarom hou aan, sit die verlede in die verlede en begin voor as dit moet en hou aan, want God het ’n plan vir jou al verstaan jy nie nou wat dit is nie! God se plan word nie onder die foute van jou verlede verberg nie – Hy het ’n goeie plan, wyse plan, ’n liefdevolle plan en ’n plan wat nog steeds aan die werk is. JY het dit nie gemis nie. HY WERK……….

 

FILIP. 1:6 “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;”

 

GEBED

 

Vader, U weet wat het ek in my lewe gedoen het, vergewe my en begin weer van voor met my? Dankie dat U ‘n plan het en help my om binne U weë te lewe? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00