JESUS ONS BEMOEDIGING!

Joseph Scriven is in 1819 in Dublin Ierland gebore. Sy familie was baie ryk gewees. Hy het studeer aan die Trinity College in Dublin. In die ouderdom van 25 jaar het hy emigreer na Kanada.  Die rede vir die emigrasie was, dat sy verloofde het die aand voor hulle troue tragies verdrink. Dit het Joseph se hart gebreek.  Joseph het weer verlief geraak maar die tragedie het hom weer getref toe sy verloofde sterf aan tuberkulose.  Hierdie tragedie het gemaak dat hy die bergpredikasieboodskap ernstig opgeneem het en al sy besittings uitgedeel het, en net met ’n paar kledingstukke, het hy sover hy kon almal gehelp. Hy was gerespekteer maar het ook ’n eenvoudige lewe geleef.

 

Joseph se moeder in Dublin het baie siek geword en toe het hy vir haar ’n brief geskryf en aangeheg het hy die gedig gestuur, wat hyself geskryf het, vir haar bemoediging. Vir 30 jaar was hierdie gedig “weggesteek”. Dit is later deur Charles C. Converse gekomponeer.

 

(LEES DIE HELE GEDIG-AL KEN JY DIT GOED!)

 

Wat ’n vriend het ons in Jesus,

 

Hy wat in ons plek wil staan;

 

wat ’n voorreg om gedurig

 

tot Gods troon deur Hom te gaan!

 

Hoe verbeur ons tog die vrede,

 

ag, hoe dikwels ly ons smart,

 

net omdat ons nie ons node

 

uitstort in Gods Vaderhart.

 

As versoeking en beproewing,

 

Of as kwelling ons bedreig,

 

Laat ons nooit mismoedig word nie,

 

Laat ons bedes opwaarts styg.

 

Nêrens is ’n vriend getrouer,

 

As hy wat ons node weet;

 

Jesus voel met al ons swakheid,

 

En wil deel in al ons leed.

 

Is ons swak gedruk deur laste,

 

Onder kommer neergebuk,

 

Dierb’re Heiland, onse Toevlug,

 

O bevry ons weer van druk!

 

As ons vriende ons versaak het,

 

soek ons in gebed die Heer,

 

Aan sy boesem is ons veilig,

 

Hy vertroos ons keer op keer.

 

JOB 22:21 “Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.”

 

Dit maak nie saak wat jou probleem is nie, hou op om mense te soek wat jou kan help met die probleem oplossing! Hou op om self te probeer! Kom na die Here Jesus en openbaar jouself , jou probleem en die feit dat jy van Hom afhanklik is. Wil jy nie God vertrou met jou alles nie?

 

Wat ‘n wonderlike Vriend het jy nie in Hom nie?

 

Wat ‘n bemoediging!

 

Gebed

 

Vader dankie dat U my Vriend is! Dankie dat ek kan weet, ek is nie alleen in hierdie moeilike saak wat oor my lewe is nie! Dankie vir U bemoediging en U leiding! AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00