IS JY OMHEIN?

Die ultra ortodokse Jode is tot vandag toe besig om hulself te omhein. Hier wil ek ’n voorbeeld noem om die stelling te staaf.

’n Tyd gelede het die Israelse Lugredery ’n versoek van die ultra ortodokse Jode met priesterlike afkoms af gewys , waar hulle versoek het om tydens vlugte in      “ body bags” te vlieg.  Hoekom sal hulle dit wil doen? Wel, die rituele wet bepaal, dat indien ’n priester ’n begraafplaas ingaan, hy godsdienstig onrein word. So het ’n vooraanstaande Rabbi verklaar dat, indien ’n priester oor ’n begraafplaas vlieg hy die begraafplaas ingaan en so onrein word. Hy het die “body bags” voorgestel want dit sal help om afgesonder te wees en so rein te bly.

Die oplossing is toe gegee dat priesters laat in die nag kan vlieg omdat die geraas vlakke bepaal, dat die vliegtuie ’n ander roete moet vlieg, en sal die roete nie oor die begraafplaas wees nie.

Hierdie tipe optrede klink ongewoon in die ore van die Westerling maar dit alles wys terug na die tyd toe Jesus Christus op die aarde was. Die Fariseërs het ook tot die uiterste gegaan om seker te maak hulle bly by die wette van Moses. Die doelwit was dan om totaal oorgegee te wees aan die wil van God.

Dit is een ding wat verseker is – die ortodokse Jode staan uit! Indien ons net na die Ou Testament kyk dan sien ons dat die reinigings wette gemaak het dat die Jode uitstaan en word hulle as God se volk geken.

Die Here Jesus het dit kom verklaar dat God se wil nie fokus op die rituele reinheid nie maar op die reinheid van die karakter. Ons moet gemerk word, deur die wêreld, deur ons liefde, genade, vergifnis, ens. Ons moet ook verbind wees om ’n rein karakter te skep soos wat die Jode is om hulle rituele reinheid te onderhou.   

1 PETRUS 1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;

GEBED

Here, ek wil daarna strewe om rein voor God en mens te wees! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00