HULLE HET DIT NIE!

Dit is ’n hele tyd gelede dat ‘n jong seuntjie na sy oupa op die plaas gegaan het om die vakansie daar deur te bring. Waar ookal oupa gegaan het, het die seun saam gestap. So sien hy die hoenders, hulle skrop en hardloop en jaag mekaar en die haantjie kraai maar dan sal hy sê:- “ Hulle het dit nie!”.  Soos hulle stap sien hy ’n perd in die veld. Die perd hardloop en skop in die lug en weer:- “ Hy het dit nie!”. Hy het die beeste en die skape en die bokke gesien en elke keer :- “ Hulle het dit nie!”.

 

So het hy die hele plaas gestap en sy verklaring gemaak. Hulle het toe by die stal gekom en oupa het besig geraak en daar sien die seun die donkie.  Die donkie staan daar kop onderste bo, dood stil met sy lang gesig en ’n frons op sy gesig – altans so lyk dit. “ Oupa, Oupa, kom gou! Kom kyk hier! Hy het dit! Hy het dit!” het die seun geroep vol van opgewondenheid. “ Oupa, Oupa ek het dit gekry!” het hy weer geroep. Oupa het daar aan gekom en gevra:- “Wat is dit? Wat is dit wat jy gekry het?”.

 

Die seun het met opgewondenheid gesê:- ” Oupa ek het ’n dier gekry wat dieselfde godsdiens het as oupa!”.

 

Is daar nog vreugde en blydskap in jou Geestelike lewe?

 

Is jy bly dat God jou gered het? PSALM 13:6  Maar ek—op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.  

 

Is jy bly dat aan jou behoeftes voorsien word? PSALM 4:6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.

 

PSALM 4:7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!

 

PSALM 4:8 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

 

PSALM 4:9 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.

 

Is jy bly dat jy die Evangelie met iemand kan deel? PSALM 105:2  Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

 

PSALM 105:3  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

 

GEBED

 

Here,  laat ek nooit my vreugde en blydskap in U verloor nie. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00