GROEN HEUWELS EN ’N VROT REUK.

In die landskappe van Frankryk is daar talle groen heuwels wat van die een in die ander rol. Dit is op hierdie landskappe van groen heuwels waar daar talle en talle veldslae gevoer is. Onder hierdie pragtige heuwels is daar die gruwel van honderde massagrafte – oorblyfsels van die veldslae.

 

Stel jouself voor, dat een van hierdie grafte word oopgemaak ’n rukkie nadat die veldslag verby is. Die ontbinding is baie sterk aan die gang. Sal ons die verskriklike stank en die gesig van die toestand van die graf kan hanteer? Ek dink nie ons sal dit kan doen nie, of sal jy kan? Dit is moontlik dat u al foto’s gesien het van soldate met maskers wat hierdie lyke in die grafte weglê? Soldate met gesigte wat vertel van die toestand waarin hulle werk. Vrot, stank, vuil, ontbinding en ‘n onaanskoulike gesig.

 

Dit is hoe God ’n verdeelde hart ervaar. Die buitekant kan voorkom soos ’n pragtige groen heuwel van rus en vrede, maar onder die gras van die landskap is die verrotte ontbinde stank van ’n verdeelde hart. God word bedroef deur mense met ’n verdeelde hart.

 

Is jy die een wat met ’n verdeelde hart lewe? Is jy die een wat God uit sy mond wil spuug?

 

OPENB. 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

 

OPENB. 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

 

Dit is jou verantwoordelikheid om jou hart in die lig van God te ondersoek! Jy moet toelaat dat die Heilige Gees jou oortuig, om dan jou toestand voor God te bely en dan gereinig te word deur die bloed van Christus Jesus.

 

GEBED

 

Deurgrond my hart en toon my Heer, of daar iets is in my wat my tot skade of skande bring of U tot oneer sy! Deurgrond my hart bring uit o Heer deur werking van U Gees die diepste sonde wat tot nou verborge is gewees. AMEN

 

Hal. 205:1 en 2

 

  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00