GPS.

JOH. 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

 

Indien Jesus die weg is, dan is Hy soos die GPS. GPS staan dan ook vir Global Positioning System wat oorspronklik vir militêre gebruik ontwerp is. Hierdie sisteem is nou vir elkeen beskikbaar. Daar is 24 satelliete wat om die aarde beweeg en jou posisie kan bepaal en waarheen jy wil gaan.

 

Hierdie is ‘n wonderlike sisteem wat elkeen help en sodoende verdwaal jy nie.

 

Maar daar is ‘n beter GPS – GOD POSITIONING SYSTEM. Dit is as gevolg van Jesus Christus dat ons weet hoe om te lewe en hoe om jouself in hierdie wêreld te posisioneer. Ons elkeen het daardie ingeboude sisteem wat ons in die regte rigting laat beweeg en ook vir ons sê wat reg is. Die Here Jesus het vir ons kom aanwys dat liefde, genade en vergifnis ons op die regte weg laat beweeg.

 

Jy kan nou besluit watter weg jy wil volg! Jy kan jou eie weg kies en dink jy sal op die einde van jou lewe eindig waar jy wil eindig MAAR dit is belangrik dat die God wat alles weet en ken ons waarsku : SPR. 14:12  Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

 

Of jy kan die Een volg wat sê:- Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Indien jy Hom volg sal jy ook eindig waar Hy is.

 

GEBED

 

Vader, dankie vir die Seun wat vir ons die weg is en leer op hierdie weg asook die Heilige Gees wat ons onderrig aangaande hierdie weg. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00