EENVOUDIGE GEBED MET GELOOF!

Billy Graham was besig met ’n uitreik in die Shea Stadion in New York. Al die vliegtuie van die La Guardia lughawe het oor die stadion gevlieg. Die vliegtuie het laag gevlieg en die een het die ander gevolg.

Tydens die openingsaand  van die opleiding van die beraders en die ander geestelike werkers, het die vliegtuie die een na die ander oor hulle gevlieg. Die geraas was so geweldig dat Billy elke keer moes stop om te praat en dan kon hy weer voortgaan tot die volgende vliegtuig oor kom. Billy het gestop om te praat , op gekyk en toe saggies gesê:- “ Ons moet iets aan hierdie geraas doen, dit kan nie so aangaan nie!” Hy het toe sy hoof gebuig en toe gebid:- “ Here, ons vra U om die winde te verskuif en die vliegtuie in ander rigtings te stuur? Dankie Here. Amen.”

Die beraders en geestelike werkers was geskok oor die gebed en het nie geweet wat om te verwag nie. Maar God het dit gedoen. Hy het die gebed in ’n wonderlike wyse beantwoord.

Die volgende dag se koerante het berig dat die winde oor Shea Stadion het so verander gedurende die nag dat die vliegtuie na ander roetes gewys moes word.

Dit word getuig dat talle mense by die Here uitgekom het tydens daardie uitreik.

Die winde het weer herstel na die uitreik en die vliegtuie het weer terug gekeer na hul roetes oor die stadion.

MATT. 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Glo jy nog aan gebed? Is jy die een wat gesê het dat gebed nie werk nie? Laat ons weer op die knieë gaan en die Here in gebed smeek?

GEBED

Vader, ek kom na U met my hele lewe! Ek buig weer voor U om te bid! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00