EEN ROOI ROOS PER DAG!

Jack Benny was ’n baie skaam ou gewees. Eendag by die werk het hy hierdie mooi meisie gesien en dadelik het hy van haar gehou. Hy het nie geweet wat om te doen om haar aandag te kry nie en toe besluit hy om na die naaste bloemiste te gaan en te reël dat hulle elke dag een rooi roos vir haar stuur. Geen kaart of naam was by die roos ingesluit nie.

Na vier dae het hierdie dame na die bloemiste gegaan en gesê dat sy elke dag ’n rooi roos ontvang. Sy wil graag weet van wie dit kom. Die bloemiste het toe vir haar Jack Benny se naam gegee en gesê dit is ’n man wat saam haar werk.

Sy het Jack Benny gesoek en hom gevra waarom hy die rooi roos elke dag vir haar stuur. Jack het gesê dat hy haar graag wil uitvra en dadelik het sy , sy uitnodiging aanvaar. Ander geleenthede het ook gevolg op die eerste “date” maar nog steeds elke dag het sy een rooi roos ontvang.

Die groot dag het aangebreek dat Jack en Mary verloof geraak het en toe het sy gedink dat die rooi roos per dag sal staak maar nee nog steeds elke dag het die roos gekom. Later is hulle getroud en selfs tydens hulle huweliksweek het die rooi roos elke dag gekom. Sy het besef dat sodra die huweliksweek verby is, dan sal die roos elke dag stop.

Maand na maand en jaar na jaar het daar elke dag een rooi roos vir haar gekom. Die hele tyd wat hulle getroud was het sy een rooi roos per dag ontvang. Die tragiese het gebeur en Jack is oorlede. Nog steeds het daar elke dag ’n rooi roos gekom. Mary het besef dat die bloemiste ’n fout maak en toe vir hom gaan sê dat Jack dood is en dat die rooi roos per dag moet staak.

Hy het geantwoord:- “Mevrou, u verstaan nie, Jack het voor sy dood al die nodige reëlings getref , jy sal een rooi roos vir die res van jou lewe ontvang.”

JOH. 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

GEBED

Dankie Vader dat U my lief het en dat U die Seun elke dag vir my gee! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00