DIE WONDERLIKE 8-WATTS.
In 1972 het NASA die ontdekkings sataliet Pioneer 10 gelanseer. Hierdie sateliet se primêre doel was om Jupiter te bereik , foto’s van die planeet en sy mane te neem en dan dit terug te stuur na die aarde. Die wetenskaplikes wou inligting bekom van die magnetiese veld, die uitstralings belt en die atmosfeer. Wetenskaplikes het die plan as dapper en moedig gesien, want op daardie stadium was daar nog geen sateliet verby Mars nie. Hulle was ook bevrees dat die asteroïde belt die sateliet sal vernietig voordat dit sy bestemming bereik.
Maar Pioneer 10 het sy sending voltooi en nog baie, baie meer. Die sateliet het verby die groot planeet in November 1973 beweeg en Jupiter se sterk gravitasie krag het die sateliet in ’n hoër spoed geplaas en na die einde van die Solarstelsel gestuur. Pioneer was een biljoen myl van die son en het verby Saturnus gestuur. Twee biljoen myl verder, het dit verby Uranus gegaan, Neptune teen drie biljoen myl en Pluto by vier biljoen myl. In 1997, vyf-en-twintig jaar na sy lansering, was Pioneer 10 meer as ses miljoen myl van die son.
Wat uitstaande en wonderlik is, is die feit dat ten spyte van die afstand, het Pioneer 10 nog steeds seine na die aarde gestuur. Wat verder wonderlik is, is die feit dat die seine deur ‘n 8-watt “transmitter” – sendtoestel – wat dieselfde is as ’n nag bedlampie – en dit neem die seine nege-ure om die aarde te bereik.
Die klein sateliet was nie veronderstel om te doen wat dit vir die wetenskaplikes gedoen het nie. Wetenskaplikes het die sateliet ontwerp om slegs drie jaar te hou, maar dit het aan gehou en aan gehou. Die 8-watt “transmitter” het baie,baie meer gedoen as waarvoor dit ontwerp is.
So, indien jy jouself offer om beskikbaar vir die Here te wees, kan God iemand met so min as ‘n 8-watt “transmitter” gebruik om baie meer te doen as wat hulle dink.
GOD KANNIE WERK DEUR IEMAND WAT TOU OPGOOI NIE!
Moet nooit stop om te probeer nie en nooit probeer om te stop nie.
GAL. 6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.”
GEBED
Here, ek het al so baie daaroor gedink om tou op te gooi. Ek het gedink U gebruik my nie want ek is te gering. Dankie dat ek nou besef dat ek net totaal aan U moet oorgee. Hier is ek Here, opnuut, gebruik U my waar U wil. AMEN