DIE VREDESKIND.

Don Richardson het onder die Sawi stam gewoon om vir hulle die Boodskap van Vrede te bring. Hy het van Amerika gekom om vir hierdie oer oue stam die Evangelie te bring. Don het een groot probleem ervaar, naamlik dat die Boodskap wat hy bring met die oorleweringe en gewoontes van die stam bots.

Christelike waardes van liefde en vergifnis het hulle glad nie aanvaar nie, omdat hulle misleiding/bedrog as die hoogste waarde vir hulle gehou het. Hulle het geen rede gesien om hulle wreedheid en kanibalisme te verander nie. Don het hulle die verhaal van Christus Jesus vertel en al wat vir hulle belangrik was , was Judas Iskariot se bedrog. Judas was vir hulle ’n ware held. Hy het die binnekring van die dissipels gepenetreer voordat hy teen hulle gedraai het.

Buite Don se huis het die veertiende bloedigste geveg plaasgevind en hy kon nie meer nie. Hy het besluit om die Sawi stam te verlaat ten spyte daarvan dat hulle by hom gepleit het om te bly.

Voordat Don vertrek het, het die Sawi stam en die Haenam stam – hulle grootste vyand – ’n seremonie voor sy huis gehad. Dit was hulle laaste geleentheid om Don te oortuig om te bly.

Die hele stam het vergader om die seremonie by te woon. Almal was stil, behalwe die Sawi stamhoof se vrou. Sy het geskreeu toe hy die ses-maande oue baba uit haar arms haal en dit hoog in die lug inhou. Hy het toe oorgestap na die ander stamhoof en die kind aan hom oorhandig. ’n Lid van die stam het aan Don verduidelik dat hulle sal die kind ’n ander naam gee en hom as hul eie groot maak.

Don het geweet dat geen Sawi vertrou kan word nie maar daardie dag was die enigste dag wat hulle wel eerlik was. Hierdie kind sal dien as die vredeskind en solank as wat die kind lewe sal daar geen oorlog tussen die twee stamme wees nie.

Don Richardson het gesnap. Hy het toe aan hulle verduidelik dat God sy enigste Seun gegee het as ’n Vredeskind.

Het jy al hierdie Kind aanvaar as jou Verlosser?

Het jy waarlik vrede met God? Het jy Hom lief?

Het jy vergewe sodat jy vergifnis kan ontvang?

JOH. 14:23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00