DIE SIRKUS.

Dit is die begin van die eeu en die jaar 1900. In die platteland woon ’n seun wat nog nooit die sirkus gesien het nie. Dit was toe die tyd dat die sirkus na hulle dorp sou kom. Die Saterdag sal daar ’n optog in die dorp se strate wees om die mense bewus te maak en dan sal die sirkus die middag begin. Die seun het toe sy pa gevra of hy na die sirkus kan gaan. Met die voorwaarde dat sy huiswerk klaar sal wees, het Saterdag aangebreek, huiswerk voltooi en tyd om na die optog van die sirkus te gaan in die dorp se hoofstraat. Sy pa het hom die alamintige bedrag van Een rand gegee. Hy het nog nooit soveel geld gesien nie.

Dadelik is die seun af na die hoofstraat en terwyl hy nader, sien hy hoe die mense langs die staat staan om die sirkus optog dop te hou. Daar was die orkes wat liedjies gespeel het, al die diere was in hokke op waens gewees en die werkers van die sirkus het so tussen die waens geloop. Om die optog te voltooi het die nar heel laaste geloop. Die seun was so opgewonde dat hy geglo het, hy het die sirkus gesien, dat hy die een rand uit sy sak haal en vir die nar gee. Min wetende dat hy net die parade gesien het maar tog gedink het dit is die sirkus, het hy huistoe gegaan.

Dit laat my dink dat dit is so jammer dat baie mense kerk toe gaan soos die seun sirkus toe gegaan het. Hulle kom met die intensie om die Here te aanbid, terwyl dit eintlik net die parade is – die parade van liedere sing, gebed, nagmaal en prediking. Hulle woon alles by en gaan dan huistoe met die gedagte dat hulle was in God se huis, terwyl hulle die eintlike doel mis, naamlik om ’n persoonlike verhouding met God te hê.

Hoe lyk dit in jou lewe? Het jy vandag voor die God van die heelal gebuig en in Sy teenwoordigheid gekom? Het jy Sy stem gehoor, of was jy te haastig en het net jou gewete gesus?

HEBR. 10:25 “en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.”

GEBED

Here help my om ten alle tye ’n verhouding met U te lewe wat lewendig en in kontak met U is? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00