DIE RUSPER EN DIE SKOENLAPPER.

Dit is ’n algemene feit dat ’n rusper in ’n skoenlapper verander. Die skoenlapper kan dan met eerlikheid sê wanneer hy na die rusper kyk:- So was ek maar ek het verander.

Elke kind van God was eens ’n sondaar en het gelewe vir hulself en die kortstondige plesier van sonde en die wêreld, maar soos in die geval van die rusper , het God ’n wonderlike werk gedoen in hul lewe.

Die rusper-(sondaar) dra geen kennis van die genot van die skoenlapper-(kind van God) nie. Die rusper het geen kapasiteit vir die nuwe weergebore optredes en genot van die skoenlapper nie. Die mens met sy wêreldsgesindheid  kan nie inbeweeg in die genot van God sonder weergeboorte nie!

Hoeveel ruspers-(sondaars) wil hulself ontwikkel in die kokon van ’n kerk met klere en woorde en optrede om soos die skoenlappers te wees? Dit hou net vir ’n tyd en dan word hulle oorval met versoekings en hul wêreldgesindheid. Hul lewe word gebrandmerk met:- ongehoorsaamheid aan God se Woord en dan hop en spring hulle van die een kerk na die ander om hulself te plesier en te bevredig met wat hulle wil hê. Hulle soek en besoek alle geleenthede – behalwe ’n totale toewyding aan God en ’n Heilige lewe.

2 KOR. 5:17 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

ESEG. 36:26 “En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.”

:27 “En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”

God weergeborenes het God lief en vind genot daarin om Hom te dien.

1 Joh. 5:3 “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.”

Antwoord eerlik voor die Here?

 Kan jy sê?:- So was ek eens maar ek het verander!

 GEBED

Vader baie dankie U ons gedurig trek om Heilig voor God en mens te lewe. Dankie vir die dag dat U my lewe verander het en dat alles nuut geword het. Ek struikel dikwels maar ek wil my vandag verbind om U te gehoorsaam en U gebooie te onderhou! Dankie dat ek ook U vergifnis kan vra vir my sonde en die vergifnis kan aanvaar op grond van U Woord.  Heilig my Here en reinig my? AMEN.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00