Customize Consent Preferences

We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.

The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ... 

Always Active

Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.

No cookies to display.

Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.

No cookies to display.

Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.

No cookies to display.

Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.

No cookies to display.

Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.

No cookies to display.

DIE REGTE BOODSKAP VERKEERD!

Daar was eendag, ’n tyd gelede, ’n paartjie wat baie lief was vir mekaar. Hulle het albei in Johannesburg gewoon en albei van hulle was in die korporatiewe wêreld.

Hulle het die gesegde:- Werk hard en speel hard – uitgeleef.

So gebeur dit dat hulle besluit om ’n naweek in Durban te gaan ontspan. Al die reëlings vir die hotel en vlugte is gedoen. Die man moes die Donderdag alreeds na Durban vir sake en sy vrou sal die Vrydag by hom aansluit.

Hy het veilig in Durban in die hotel gearriveer en besluit om dadelik vir sy vroutjie ’n e-pos te stuur maar sy e-pos het met ’n paar letters deurmekaar geraak. In plaas daarvan dat die e-pos na sy vrou gaan, het die e-pos na ’n pastorie-moeder in Bloemfontein se rekenaar gegaan. Haar man is oorlede en sy het net van die begrafnis gekom en toe die rekenaar aangesit om die boodskappe af te trek en te lees.

Sy het die e-pos gelees, hard geskreeu en toe flou geword. Die familie en die vriende het die gil gehoor en haar te hulp gesnel. Hulle het haar gehelp en toe die boodskap op die skerm gelees:-

My liefste vrou, ek wil jou net laat weet dat ek veilig gearriveer het. Ek sien uit na jou koms more. Wil net laat weet dit is baie warm hier. Liefde jou manlief.

Kommunikasie is baie belangrik in die dag waarin ons lewe. Kommunikasie by die werk, die kinders, die huwelik, die staat aan die volk, ens.

Die boodskap moet nie net reg wees nie, nee, dit moet ook reg oorgedra word en die boodskap moet korrek uitgevoer word.

God se Woord is die Boodskap, van die Koning aan Sy skepsels. Waar val die boodskap wat jy hoor uit die Woord Sondae en in jou stiltetyd?

LUK. 8:5  ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.

:6  En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

:7  En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.

:8  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

1 TIM. 4:9  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;

Die boodskap van God het geval op jou ore! Die Boodskap is betroubaar! Wat doen jy met die Boodskap uit God se hart?

GEBED

Vader, dankie vir U Woord wat so betroubaar is. Gee dat ek U Woord reg sal hoor en reg sal uitdra aan ander wat dit nodig het? AMEN

0:00
0:00