DIE PAPIER KALKOEN.

’n Enkellopende jongman het as prokureur by ’n praktyk gewerk. Dit is ’n vaste reël in die praktyk dat elkeen aan die einde van die jaar ’n kalkoen kry.

Een jaar net voordat die kalkoene uitgedeel word, het sy kollegas gegaan en ’n papier-kalkoen gemaak waaarin hulle lood gesit het, ’n regte kalkoen se stert en nek en toe toegedraai in bruinpapier.

Die jongman het aan die einde van die dag in die raadskamer gegaan, sy kalkoen met sy naam op geneem, die hoof daarvoor bedank en die bus gehaal huistoe. Terwyl hy in die bus sit, het hy gewonder wat hy met die kalkoen gaan maak want dit is te veel vir hom alleen. Die bus het by ’n bushalte gestop en daar klim ’n man op wat baie mismoedig voorkom en kom sit langs die prokureur. Hulle het gesels en toe vertel die man vir hom dat hy die hele dag werk gesoek het maar niks kon vind nie. Die prokureur het besluit om die kalkoen vir die man te gee maar hy wou nie aanstoot gee,want dit wil voorkom asof hierdie man nie op gunste en gawes lewe nie – en vra toe die man:- “Hoeveel geld het jy aan jou?” Die man antwoord en die prokureur sê:- “Verkoop!” en hy gee die man die kalkoen. Hierdie man was baie bly en dankbaar dat hy iets terug kan neem vir sy vrou en kinders by die huis.

’n Week later vertel die prokureur se vriende vir hom van die streep wat hulle op hom getrek het. Die vriende was ontsteld en verslae en die prokureur was in afsku toe hulle elkeen besef wat gebeur het. Hulle het vir ’n week al die busse in die omgewing gery , opsoek na die man maar het hom nooit gekry nie.

Hoe sleg het daardie prokureur nie gevoel nie? Maar wat van die vreemdeling? Dink net hoe het hy gevoel voor sy gesin toe hulle moes ontdek die kalkoen was net ’n klomp papier? Hy het sekerlik gedink dat daardie jongman op die bus het die kalkoen met voorbedagte rade aan hom verkoop. Was hy reg? NEE! Maar die omstandigheidsgetuienis het gemaak dat hy gedink het hy is reg! Dit sou ook moeilik wees om hom anders te oortuig!

JOH. 7:24  “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige   

                    oordeel.”

GEBED

Vader, gee my U gesindheid? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00